Woensdag 3 Maart
Wees altyd gereed om julle te verdedig voor elkeen wat aandring op ’n rede vir die hoop wat julle het, maar doen dit met sagmoedigheid en diep respek. – 1 Pet. 3:15.
Is jy ’n jongmens wat op skool is? Al jou klasmaats glo dalk in evolusie. Jy sal graag die Bybel se lering wil verdedig, maar miskien weet jy nie hoe om dit te doen nie. Nou is dalk ’n goeie tyd vir ’n studieprojek! Jou doelwit kan twee dinge insluit: (1) om jou eie geloof te versterk dat God alles geskep het en (2) om te leer hoe om die waarheid beter te verdedig (Rom. 1:20). Jy kan jou eers afvra: ‘Hoekom sê my klasmaats dat hulle in evolusie glo?’ Doen dan goeie navorsing hieroor in ons publikasies. Dit is dalk makliker as wat jy dink om jou oortuigings te verdedig. Baie mense glo net in evolusie omdat iemand vir wie hulle respek het, vir hulle gesê het dat dit waar is. As jy net een of twee punte kry wat jy kan deel, kan jy ’n bevredigende antwoord gee vir iemand wat opreg belangstel. – Kol. 4:6. w19.05 29 ¶13
1-7 Maart
NUMERI 7-8
Lied 4 en gebed
Inleidende kommentaar (1 min.)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Lesse uit die kamp van Israel”: (10 min.)
Geestelike skatte: (10 min.)
Nu 8:17 – Hoe het Jehovah die manlike eersgeborenes in Israel beskou? (it-1-E 835)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek oor Jehovah, die veldbediening of iets anders?
Bybelleesgedeelte: (4 min.) Nu 7:1-17 (th studie 5)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Gedenkmaaluitnodiging: (2 min.) Gebruik die voorgestelde gesprek (th studie 11).
Herbesoek: (3 min.) Doen ’n herbesoek by iemand wat belanggestel en die Gedenkmaaluitnodiging aanvaar het (th studie 6).
Herbesoek: (3 min.) Nooi een van jou vorige Bybelstudente na die Gedenkmaal (th studie 12).
Herbesoek: (3 min.) Nooi een van jou familielede vir wie jy in die verlede al gepreek het na die Gedenkmaal (th studie 17).
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Die organisasie in aksie: (5 min.) Speel Die organisasie in aksie-video vir Maart.
Plaaslike behoeftes: (10 min.)
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) rr hfst. 5 ¶17-22, venster 5A
Slotkommentaar (3 min.)
Lied 127 en gebed