14 Toe hy by Legi gekom het, het die Filistyne in oorwinning uitgeroep toe hulle by hom kom. Toe het Jehovah se gees hom krag gegee,+ en die toue aan sy arms het soos linnedrade geword wat met vuur verskroei is, en sy boeie het van sy hande afgesmelt.+