19 Na verloop van tyd het Giʹdeon met die honderd man wat saam met hom was, by die rand van die kamp gekom, aan die begin van die middelste nagwaak.+ Hulle het die wagte net klaar uitgesit. En hulle het op die horings geblaas+ en die groot waterkruike wat in hulle hande was, stukkend geslaan.+