12 Uiteindelik is daar aan koning Dawid berig gebring en gesê: “Jehovah het die huis van Obed-Edom en alles wat hy het, geseën weens die ark van die ware God.” Daarop het Dawid gegaan en die ark van die ware God met blydskap uit die huis van Obed-Edom na die Stad van Dawid opgebring.+