Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Vandag

Vrydag 20 Februarie

Hy sal die mense van mekaar skei. – Matt. 25:32.

Sal almal wat gedurende die groot verdrukking sterf, vir ewig vernietig word met geen hoop op ’n opstanding nie? Die Bybel maak dit duidelik dat direkte teenstanders wat by Armageddon deur Jehovah en sy magte vernietig sal word, nie opgewek sal word nie (2 Tess. 1:​6-10). Maar wat van ander wat byvoorbeeld sterf as gevolg van natuurlike oorsake, ongelukke of omdat iemand hulle doodgemaak het? (Pred. 9:11; Sag. 14:13). Kan party van hierdie mense onder die “onregverdiges” wees wat in die nuwe wêreld opgewek sal word? (Hand. 24:15). Ons weet eenvoudig nie. Maar ons weet ’n hele paar dinge oor toekomstige gebeure. Byvoorbeeld, ons weet dat mense by Armageddon geoordeel sal word op grond van hoe hulle Christus se broers behandel het (Matt. 25:40). En dié wat as skape geoordeel word, sou gewys het dat hulle die gesalfdes en Christus ondersteun. – Op. 12:17. w24.05 10-11 ¶9-11

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Saterdag 21 Februarie

Jehovah lewe! Mag my Rots geloof word! Laat die God van my redding verheerlik word. – Ps. 18:46.

“Swaar tye . . . wat moeilik is om deur te kom” – dit is hoe die Bybel die tyd beskryf waarin ons lewe (2 Tim. 3:1). Buiten die uitdagings wat almal in hierdie wêreldstelsel ondervind, moet Jehovah se volk teenstand en vervolging verduur. Wat help ons om Jehovah te bly aanbid ten spyte van hierdie probleme? Een hoofrede is dat ons Jehovah leer ken het as “die lewende God” (Jer. 10:10; 2 Tim. 1:12). Jehovah is ’n werklike Persoon wat ons gedurende ons moeilike tye help en na geleenthede soek om ons te ondersteun (2 Kron. 16:9; Ps. 23:4). As ons hom as die lewende God beskou, kan dit ons help om enige moeilike tyd wat op ons pad kom, suksesvol te hanteer. w24.06 20 ¶1-2

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Sondag 22 Februarie

Die pad van die regverdiges is soos die helder oggendlig wat al hoe helderder word totdat dit heeltemal dag is. – Spr. 4:18.

Ons moet ons vertroue in Jehovah se organisasie behou. Wanneer dit duidelik word dat ’n aanpassing nodig is in ons begrip van ’n sekere Bybelwaarheid of in die manier hoe die Koninkrykswerk georganiseer is, is dié wat die leiding neem vinnig om die nodige veranderinge te maak. Hulle doen dit omdat hulle Jehovah meer as enige iets anders gelukkig wil maak. Hulle doen ook hulle bes om hulle besluite te baseer op God se Woord, die patroon waarvolgens Jehovah se hele volk moet lewe. Die apostel Paulus het gewaarsku: “Bly by die patroon van gesonde woorde” (2 Tim. 1:13). “Die patroon van gesonde woorde” verwys na Christelike leringe wat in die Bybel gevind word (Joh. 17:17). Sulke leringe vorm die grondslag vir alles wat ons glo. Jehovah se organisasie het ons geleer om by daardie patroon te bly. So lank as wat ons dit doen, sal ons geseën word. w24.07 11-12 ¶12-13

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel