Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Vandag

Saterdag 21 Februarie

Jehovah lewe! Mag my Rots geloof word! Laat die God van my redding verheerlik word. – Ps. 18:46.

“Swaar tye . . . wat moeilik is om deur te kom” – dit is hoe die Bybel die tyd beskryf waarin ons lewe (2 Tim. 3:1). Buiten die uitdagings wat almal in hierdie wêreldstelsel ondervind, moet Jehovah se volk teenstand en vervolging verduur. Wat help ons om Jehovah te bly aanbid ten spyte van hierdie probleme? Een hoofrede is dat ons Jehovah leer ken het as “die lewende God” (Jer. 10:10; 2 Tim. 1:12). Jehovah is ’n werklike Persoon wat ons gedurende ons moeilike tye help en na geleenthede soek om ons te ondersteun (2 Kron. 16:9; Ps. 23:4). As ons hom as die lewende God beskou, kan dit ons help om enige moeilike tyd wat op ons pad kom, suksesvol te hanteer. w24.06 20 ¶1-2

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Sondag 22 Februarie

Die pad van die regverdiges is soos die helder oggendlig wat al hoe helderder word totdat dit heeltemal dag is. – Spr. 4:18.

Ons moet ons vertroue in Jehovah se organisasie behou. Wanneer dit duidelik word dat ’n aanpassing nodig is in ons begrip van ’n sekere Bybelwaarheid of in die manier hoe die Koninkrykswerk georganiseer is, is dié wat die leiding neem vinnig om die nodige veranderinge te maak. Hulle doen dit omdat hulle Jehovah meer as enige iets anders gelukkig wil maak. Hulle doen ook hulle bes om hulle besluite te baseer op God se Woord, die patroon waarvolgens Jehovah se hele volk moet lewe. Die apostel Paulus het gewaarsku: “Bly by die patroon van gesonde woorde” (2 Tim. 1:13). “Die patroon van gesonde woorde” verwys na Christelike leringe wat in die Bybel gevind word (Joh. 17:17). Sulke leringe vorm die grondslag vir alles wat ons glo. Jehovah se organisasie het ons geleer om by daardie patroon te bly. So lank as wat ons dit doen, sal ons geseën word. w24.07 11-12 ¶12-13

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Maandag 23 Februarie

Jehovah . . . is geduldig met julle omdat hy nie wil hê dat enigiemand vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal berou moet toon. – 2 Pet. 3:9.

Die apostel Petrus het verstaan hoe dit gevoel het om berou te toon en om vergewe te word. So hy kon ander oor hierdie dinge leer. Die een of ander tyd ná die Pinksterfees het Petrus ’n toespraak gegee vir ’n skare ongelowige Jode en vir hulle verduidelik dat hulle die Messias doodgemaak het. Maar hy het hulle liefdevol aangemoedig: “Toon dus berou en draai om sodat julle sondes uitgewis kan word. Dan sal Jehovah self tye van verfrissing bring” (Hand. 3:​14, 15, 17, 19). Petrus het dus gewys dat berou ’n sondaar beweeg om om te draai en om ’n nuwe weg te volg, een wat God bly maak. Met ander woorde, hy verander sy verkeerde denke en hou op om te doen wat sleg is. Die apostel het ook gewys dat Jehovah hulle sonde sou uitwis, of dit heeltemal sou laat verdwyn. Wat ’n pragtige hoop is dit tog vir Christene wanneer hulle sondig – selfs ernstig sondig! w24.08 12 ¶14

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel