-
Wie kan diegene verlos wat om hulp roep?Die Wagtoring — 2010 | Augustus 15
-
-
14, 15. Hoe weet ons dat Jesus mense se gevoelens verstaan en dat hy “die arme [sal] verlos wat om hulp roep”?
14 Die sondige mensdom is in ’n bejammerenswaardige toestand en het hulp dringend nodig. Maar daar is hoop vir ons. (Lees Psalm 72:12-14.) Jesus, die Grotere Salomo, het simpatie met ons omdat hy ons onvolmaakte toestand verstaan. Daarbenewens het Jesus ter wille van regverdigheid gely, en God het hom toegelaat om beproewinge op sy eie te verduur. Jesus het soveel emosionele angs ervaar dat “sy sweet . . . soos bloeddruppels geword [het] wat op die grond val”! (Luk. 22:44). Later het hy aan die folterpaal uitgeroep: “My God, my God, waarom het u my verlaat?” (Matt. 27:45, 46). Ten spyte van alles wat hy gely het, en al het Satan ’n verbete poging aangewend om hom van Jehovah af te keer, het Jesus sy getrouheid aan Jehovah God bewys.
-
-
Wie kan diegene verlos wat om hulp roep?Die Wagtoring — 2010 | Augustus 15
-
-
16. Waarom kon Salomo met sy onderdane simpatiseer?
16 Omdat Salomo wysheid en insig gehad het, het hy ongetwyfeld ‘jammer gevoel vir die geringe’. Hy het ook hartseer en traumatiese gebeurtenisse in sy lewe deurgemaak. Sy broer Amnon het sy suster Tamar verkrag, en Salomo se broer Absalom het Amnon daarvoor laat doodmaak (2 Sam. 13:1, 14, 28, 29). Absalom het Dawid se troon wederregtelik in besit geneem, maar sy staatsgreep het misluk en hy is deur Joab doodgemaak (2 Sam. 15:10, 14; 18:9, 14). Later het Salomo se broer Adonia probeer om die koningskap in besit te neem. As hy suksesvol was, sou dit ongetwyfeld Salomo se dood beteken het (1 Kon. 1:5). Wat Salomo by die inwyding van die tempel van Jehovah in gebed gesê het, het duidelik getoon dat hy menselyding verstaan het. Met betrekking tot sy onderdane het die koning gebid: “Elkeen van hulle [ken] sy eie plaag en sy eie pyn . . . U [Jehovah] moet vergewe en aan elkeen gee volgens al sy weë.”—2 Kron. 6:29, 30.
17, 18. Watter pyn moes party van God se knegte deurmaak, en wat het hulle gehelp om dit te doen?
17 ‘Ons eie pyn’ is moontlik die gevolg van sekere gebeure in ons verlede. Marie,a ’n Getuie van Jehovah in haar 30’s, skryf: “Ek het alle rede om gelukkig te wees, maar dikwels laat my verlede gevoelens van skaamte en weersin by my opkom. Dit maak my bitter hartseer en dan huil ek asof alles gister gebeur het. Diepgewortelde herinneringe veroorsaak nog steeds oorweldigende gevoelens van waardeloosheid en skuldgevoelens.”
18 Baie van God se knegte kan hierdie gevoelens verstaan, maar wat kan hulle help om die nodige krag te kry om te volhard? “Ware vriende en ’n geestelike familie bring nou vir my geluk”, sê Marie. “Ek probeer ook konsentreer op wat Jehovah vir die toekoms belowe, en ek vertrou dat my hulpgeroep in uitroepe van vreugde verander sal word” (Ps. 126:5). Ons moet ons hoop stel in God se voorsiening van sy Seun, sy aangestelde Heerser. Van hom is daar voorspel: “Hy sal jammer voel vir die geringe en die arme, en die siel van die armes sal hy red. Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle siel verlos, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë” (Ps. 72:13, 14). Hoe gerusstellend is dit tog!
-