Onthou jy?
Het jy dit geniet om onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:
• Hoe kan ons die “suiwer taal”, die waarheid omtrent God en sy voornemens, vlot praat? (Sef. 3:9).
As ons die “suiwer taal” vlot wil praat, moet ons, soos met ’n gesproke taal, noukeurig luister, vlot sprekers naboots, die name van Bybelboeke en sekere Bybelverse memoriseer, herhaal wat ons leer, hardop lees, die grammatika, of patroon van die waarheid, ontleed, ons inspan om vordering te maak, studietye vasstel en oefen om die suiwer taal te “praat”.—8/15, bladsye 21-25.
• Wat behels dit om te weet watter soort persoon God is?
“Jehovah is sy naam”, en hy wil hê dat ons hom by hierdie naam moet ken (Eks. 15:3). Hy is “die God van liefde en van vrede” (2 Kor. 13:11). Hy is “’n God van kennis” en “van redding” (1 Sam. 2:3; Ps. 25:5). God sal nader kom aan dié wat hom as sodanig ken.—9/1, bladsye 4-7.
• Hoe kan die idee van ’n “driedubbele tou” op die huwelik van toepassing wees?
“Driedubbele tou” is ’n figuurlike uitdrukking (Pred. 4:12). Wanneer dit op die huwelik toegepas word, sluit dit die man en vrou in, twee drade, wat verweef is met die vernaamste draad, God. Wanneer ’n egpaar met God verenig is, gee dit hulle die geestelike krag om probleme die hoof te bied en om gelukkig te kan wees.—9/15, bladsy 16.
• Waarna verwys “die handeoplegging” in Hebreërs 6:2?
Dit verwys eerder na die handeoplegging om wonderdadige gawes van die heilige gees oor te dra as na die aanstelling van Christen- ouer manne (Hand. 8:14-17; 19:6).—9/15, bladsy 32.
• ’n Goeie vader besef dat sy kinders watter behoeftes het?
Hulle het onder andere ’n behoefte aan (1) sy liefde, (2) ’n goeie voorbeeld, (3) ’n gelukkige milieu, (4) onderrigting in geestelike waardes, (5) dissipline, (6) beskerming.—10/1, bladsye 18-21.
• Hoe kan dié wat die leiding neem, eer aan ander betoon?
Een manier waarop ’n ouer man dit kan doen, is deur ander nooit te vra om dinge te doen wat hy self nie bereid is om te doen nie. Hy betoon ook eer deur redes te voorsien vir die versoeke wat hy rig of die instruksies wat hy gee.—10/15, bladsy 22.
• Wat is ’n paar sleutelfaktore om toegewyd aan jou huwelik te bly?
Twee is: (1) Maak jou huwelik ’n prioriteit. (2) Vermy alle vorme van ontrou. Hetsy julle huwelik bestendig of gespanne is, jou maat moet weet dat dit vir jou ’n saak van erns is om ’n sukses van die huwelik te maak; hierdie twee sleutels sal help.—11/1, bladsye 18-21.
• Wat kan ’n Christen- ouer man leer uit die manier waarop ’n Israelitiese herder ’n herderstaf gebruik het?
’n Herder het ’n staf met ’n krom nek, oftewel ’n herderstaf, gebruik om sy kudde te lei. Wanneer die skape by die kraal in- of uitgegaan het, het hulle ‘onder die herderstaf deurgegaan’, en hy kon hulle tel (Lev. 27:32). ’n Christenherder moet eweneens die kudde van God onder sy sorg ken en ’n oog op hulle hou.—11/15, bladsy 9.
• Hoe kan ’n moeder toon dat sy reinheid as belangrik beskou?
Omdat kos op verskeie maniere besmet kan word, was sy haar hande voordat sy met kos werk en maak sy seker dat kos altyd bedek is. Sy hou die huis skoon om probleme met rotte, muise en insekte te voorkom. Ander stappe is onder andere om klere skoon te hou en om gereeld te was en te stort. Sulke stappe is in ooreenstemming met die Bybel.—12/1, bladsye 9-11.