-
“Ons moet . . . aan God as heerser gehoorsaam wees”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
16. Hoe het die apostels getoon dat hulle vasbeslote was om deeglik te getuig, en hoe volg ons die apostoliese predikingsmetode?
16 Die apostels het geen tyd verspil om hulle getuieniswerk te hervat nie. Hulle het onverskrokke voortgegaan om “elke dag in die tempel en van huis tot huis . . . die goeie nuus oor die Christus . . . bekend te maak” (Hand. 5:42).d Hierdie ywerige predikers was vasbeslote om deeglik te getuig. Let daarop dat hulle hulle boodskap na mense se huise geneem het, soos Jesus Christus hulle beveel het (Matt. 10:7, 11-14). Dit is ongetwyfeld hoe hulle dit reggekry het om Jerusalem met hulle leer te vervul. Vandag is Jehovah se Getuies daarvoor bekend dat hulle hierdie apostoliese predikingsmetode volg. Deur elke huis in ons gebied te besoek, toon ons duidelik dat ons ook deeglik wil wees en almal die geleentheid wil gee om die goeie nuus te hoor. Het Jehovah ons huis-tot-huis-bediening geseën? Ja, hy het! Miljoene het in hierdie tyd van die einde aan die Koninkryksboodskap gehoor gegee, en baie het die goeie nuus vir die eerste keer gehoor toe ’n Getuie aan hulle deur geklop het.
-
-
“Ons moet . . . aan God as heerser gehoorsaam wees”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
[Venster op bladsy 42]
DIE PREDIKINGSWERK “VAN HUIS TOT HUIS”
Ten spyte van die Sanhedrin se verbod op hulle predikingswerk het die dissipels aangehou om “elke dag in die tempel en van huis tot huis” te preek en te onderrig (Hand. 5:42). Presies wat beteken “van huis tot huis”?
In die oorspronklike Grieks beteken die frase katʼ oiʹkon letterlik “volgens huis”. Etlike vertalers sê dat die woord ka·taʹ in ’n “distributiewe” sin verstaan moet word; dit wil sê, die dissipels se prediking is van een huis na die ander versprei. ’n Soortgelyke gebruik van ka·taʹ kom in Lukas 8:1 voor, waar daar gesê word dat Jesus “van stad tot stad en van dorpie tot dorpie” gepreek het.
-