-
Herstellingskrag – Jehovah “maak alles nuut”Kom nader aan Jehovah
-
-
3. Watter vertroostende vooruitsig word in Handelinge 3:21 uiteengesit, en deur middel waarvan sal Jehovah dit vervul?
3 Hoe vertroostend is dit dan om van Jehovah se herstellingskrag te leer! Soos ons sal sien, is die omvang van wat God vir sy aardse kinders kan en sal herstel, verstommend. Trouens, die Bybel toon dat Jehovah van voorneme is om ‘alle dinge te herstel’ (Handelinge 3:21). Jehovah sal dit doen deur middel van die Messiaanse Koninkryk, met sy Seun, Jesus Christus, as koning. Die getuienis toon dat hierdie Koninkryk in 1914 in die hemel begin heers het (Matteus 24:3-14).a Wat sal herstel word? Kom ons kyk na ’n paar van Jehovah se wonderlike herstellingsdade. Een hiervan kan ons alreeds sien en ervaar. Ander sal in die toekoms op groot skaal plaasvind.
-
-
Herstellingskrag – Jehovah “maak alles nuut”Kom nader aan Jehovah
-
-
a “Die tyd wanneer alle dinge herstel word”, het begin toe die Messiaanse Koninkryk opgerig is met ’n erfgenaam van getroue koning Dawid op die troon. Jehovah het aan Dawid belowe dat een van sy erfgename vir ewig sou heers (Psalm 89:35-37). Maar nadat Babilon Jerusalem in 607 VHJ vernietig het, het geen menslike afstammeling van Dawid op God se troon gesit nie. Jesus, wat as ’n erfgenaam van Dawid op die aarde gebore is, het die langbeloofde Koning geword toe hy in die hemel op die troon geplaas is.
-