Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wend jou tot Jehovah om vertroosting
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • 6. (a) Watter vertroostende belofte het God gemaak nadat die mens gesondig het? (b) Watter profesie oor vertroosting het Lameg geuiter?

      6 Toe Jehovah oordeel oor die aanstigter van die mens se opstand uitgespreek het, het hy getoon dat hy ‘die God is wat vertroosting verskaf’ (Romeine 15:5). Hy het dit gedoen deur te belowe om ’n “saad” te stuur wat uiteindelik Adam se nageslag van die rampspoedige gevolge van Adam se opstand sou verlos (Genesis 3:15). Mettertyd het God ook ’n voorskou van hierdie verlossing gegee. Hy het Lameg, wat ’n latere nakomeling van Adam deur sy seun Set is, byvoorbeeld geïnspireer om te profeteer wat Lameg se seun sou doen: “Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het” (Genesis 5:29). In ooreenstemming met hierdie belofte is die seun Noag genoem, wat blykbaar “Rus” of “Troos” beteken.

  • Wend jou tot Jehovah om vertroosting
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • 8 Jehovah het hom voorgeneem om daardie goddelose wêreld deur ’n wêreldvloed te vernietig, maar hy het Noag eers ’n ark laat bou sodat lewe gespaar kon word. Sodoende is die menseras en die verskillende diersoorte gered. Hoe verlig moes Noag en sy gesin tog nie ná die Vloed gevoel het toe hulle uit die ark op ’n gereinigde aarde uitgekom het nie! Dit was voorwaar vertroostend om te vind dat daar nie meer ’n vloek op die aarde was nie, wat landboubedrywighede toe soveel makliker gemaak het! Lameg se profesie is inderdaad bewaarheid, en Noag se optrede het gestrook met die betekenis van sy naam (Genesis 8:21). As ’n getroue kneg van God het Noag ’n belangrike rol daarin gespeel om ’n mate van “vertroosting” aan die mensdom te verskaf. Maar die goddelose invloed van Satan en sy demoonengele het nie by die Vloed geëindig nie, en die mensdom kreun steeds onder die las van sonde, siekte en die dood.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel