-
Moses—Hoe sy lewe jou raakOntwaak! – 2004 | April 8
-
-
’n Profeet soos Moses
Ons lewe in angswekkende tye. Die mensdom het beslis ’n leier soos Moses nodig—iemand wat nie net mag en gesag het nie, maar ook integriteit, moed, medelye en ’n hartgrondige liefde vir geregtigheid. Toe Moses gesterf het, het die Israeliete sekerlik gewonder: ‘Sal die wêreld weer iemand soos hy sien?’ Moses het self daardie vraag beantwoord.
Moses se geskrifte verduidelik hoe dit gebeur het dat mense siek word en doodgaan en waarom God toegelaat het dat goddeloosheid voortduur (Genesis 3:1-19; Job, hoofstukke 1, 2). In Genesis 3:15 is die heel eerste goddelike profesie opgeteken—’n belofte dat boosheid uiteindelik uit die weg geruim sal word! Hoe? Die profesie het getoon dat ’n mens gebore sou word deur wie redding sou kom. Hierdie belofte het die hoop laat ontstaan dat ’n Messias sou opstaan en die mensdom sou verlos. Maar wie sou die Messias wees? Moses help ons om hom sonder enige twyfel te identifiseer.
Teen die einde van sy lewe het Moses hierdie belangrike woorde gesê: “’n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek, sal Jehovah jou God vir jou verwek—na hom moet julle luister” (Deuteronomium 18:15). Die apostel Petrus het later hierdie woorde regstreeks op Jesus toegepas.—Handelinge 3:20-26.
Die meeste Joodse kommentators ontken ten sterkste dat Moses in enige opsig met Jesus ooreenkom. Hulle voer aan dat die woorde van hierdie teks van toepassing is op enige ware profeet wat ná Moses gekom het. Maar volgens Tanakh—The Holy Scriptures, deur die Joodse Uitgewersgenootskap, sê Deuteronomium 34:10: “Nooit weer het daar in Israel ’n profeet opgestaan soos Moses nie—vir wie die HERE van aangesig tot aangesig uitgekies het.”
Ja, talle getroue profete, soos Jesaja en Jeremia, het ná Moses gekom. Maar nie een het die unieke verhouding met God gehad wat Moses geniet het nie—hy het “van aangesig tot aangesig” met hom gepraat. Moses se belofte van ’n profeet ‘soos hy’ moet dus van toepassing wees op net een mens—die Messias! Dit is opmerkenswaardig dat Joodse geleerdes dieselfde beskouing gehad het voor die koms van die Christelike godsdiens—en godsdiensvervolging deur valse Christene. Bewyse hiervan kan gesien word in Joodse geskrifte, soos die Midrash Rabbah, wat Moses die voorloper van die “laaste Verlosser”, of Messias, noem.
Die feit dat Jesus in baie opsigte soos Moses was, kan nie ontken word nie. (Sien die venster “Jesus—’n profeet soos Moses.”) Jesus het mag en gesag (Matteus 28:19). Jesus is “saggeaard en nederig van hart” (Matteus 11:29). Jesus haat wetteloosheid en ongeregtigheid (Hebreërs 1:9). Hy kan dus die leierskap voorsien wat ons so nodig het! Hy sal binnekort ’n einde aan goddeloosheid maak en die paradystoestande wat die Bybel beskryf het, op die aarde tot stand bring.b
-