Deuteronomium
34 Toe het Moses van die woestynvlaktes van Moab af teen die berg Nebo+ opgeklim, na die top van Pisga,+ wat op Jeʹrigo+ uitkyk. En Jehovah het hom die hele land gewys, van Giʹlead tot by Dan+ 2 en die hele Nafʹtali en die land van Eʹfraim en Manasʹse en die hele land van Juda tot by die westelike see,*+ 3 sowel as die Negeb+ en die Distrik,+ die valleivlakte van Jeʹrigo, die stad van palmbome, tot by Soar.+
4 Jehovah het toe vir hom gesê: “Dít is die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed belowe het deur te sê: ‘Aan jou nakomelinge* sal ek dit gee.’+ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar jy sal nie daarheen oortrek nie.”+
5 Daarna het Moses, die kneg van Jehovah, daar in die land Moab gesterf, net soos Jehovah gesê het.+ 6 Hy het hom in die vallei in die land Moab, oorkant Bet-Peor, begrawe, en tot vandag toe weet niemand waar sy graf is nie.+ 7 Moses was 120 jaar oud toe hy gesterf het.+ Sy oë het nie dof geword nie en sy krag het hom nie verlaat nie. 8 Die volk Israel het 30 dae lank in die woestynvlaktes van Moab oor Moses getreur.+ Toe het die tyd om oor Moses te treur en te rou, tot ’n einde gekom.
9 Josua, die seun van Nun, was vol van die gees van wysheid, want Moses het sy hande op hom gelê.+ En die Israeliete het na hom begin luister, en hulle het gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.+ 10 Maar daar was nooit weer so ’n profeet in Israel nie. Jehovah het Moses+ van aangesig tot aangesig geken.+ 11 Hy het al die tekens en die wonderwerke gedoen wat Jehovah hom gestuur het om in Egipte te doen voor Farao en al sy knegte en sy hele land.+ 12 Moses het ook ’n magtige hand en ontsagwekkende krag voor die oë van die hele Israel geopenbaar.+