Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah—Die een wat sterk in krag is
    Die Wagtoring – 2000 | Maart 1
    • 5. Watter bewyse van Jehovah se krag vind ons in sy werke?

      5 As ons ‘die werke van God naspeur’ soos Dawid gedoen het, sal ons oral bewyse van sy krag sien—in die wind en golwe, in donderweer en weerlig, in magtige riviere en majestueuse berge (Psalm 111:2; Job 26:12-14). Verder getuig diere van Jehovah se krag, soos hy Job herinner het. Een hiervan is die seekoei. Jehovah het vir Job gesê: “Sy krag is in sy kruis . . . Sy bene [is] soos stawe van yster” (Job 40:10-13). Die skrikwekkende krag van die wilde bul was ook bekend in Bybeltye, en Dawid het gebid dat hy gered sal word uit “die bek van die leeu, en van die horings van wilde bulle”.—Psalm 22:21, NW; Job 39:9-11, NW.

      6. Wat stel die bul voor in die Skrif, en waarom? (Sien voetnoot.)

      6 Weens sy krag word die bul in die Bybel gebruik om Jehovah se krag voor te stel.c Die apostel Johannes se visioen van Jehovah se troon beeld vier lewende wesens uit, waarvan die een ’n gesig soos ’n bul gehad het (Openbaring 4:6, 7). Krag is klaarblyklik een van die vier hoofeienskappe van Jehovah wat deur hierdie gerubs voorgestel word. Die ander is liefde, wysheid en geregtigheid. Aangesien krag so ’n belangrike faset van God se persoonlikheid is, sal ’n duidelike begrip van sy krag en hoe hy dit gebruik ons nader aan hom laat kom en ons help om sy voorbeeld na te volg deur enige krag wat ons tot ons beskikking het goed te gebruik.—Efesiërs 5:1.

  • Jehovah—Die een wat sterk in krag is
    Die Wagtoring – 2000 | Maart 1
    • c Die wilde bul waarvan die Bybel praat, was waarskynlik die oer-os (Latyn urus). Tweeduisend jaar gelede is hierdie diere in Gallië (nou Frankryk) gevind, en Julius Caesar het die volgende beskrywing van hulle gegee: “Hierdie uri is nie veel kleiner as olifante nie, maar in hulle geaardheid, kleur en vorm is hulle bulle. Hulle besit groot krag en is baie vinnig; hulle laat nie ’n mens of dier wegkom as hulle hulle eers in die oog gekry het nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel