-
‘Verlustig jou in Jehovah’Die Wagtoring – 2003 | Desember 1
-
-
‘Moenie afgunstig wees nie’
3, 4. Watter raad gee Dawid in Psalm 37:1, en waarom is dit vandag gepas dat ons daarop ag slaan?
3 Ons lewe in ‘kritieke tye wat moeilik is om deur te kom’, en goddeloosheid vier hoogty. Ons sien die vervulling van die apostel Paulus se woorde: “Goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, terwyl hulle mislei en mislei word” (2 Timoteus 3:1, 13). Hoe maklik is dit tog om beïnvloed te word deur die skynbare sukses en voorspoed van goddelose mense! Dit alles kan ons aandag aflei en ons geestelike visie uit fokus laat raak. Let op hoe die inleidende woorde van Psalm 37 ons attent maak op hierdie potensiële gevaar: “Moenie driftig wees oor die kwaaddoeners nie. Moenie afgunstig wees op dié wat onregverdigheid bedryf nie.”
4 Die wêreld se media bombardeer ons daagliks met ’n hele rits onregte. Oneerlike sakemanne pleeg bedrog en kom skotvry daarvan af. Misdadigers buit weerlose mense uit. Moordenaars word nie opgespoor nie of bly ongestraf. Al hierdie voorbeelde van regsverdraaiing kan ons woedend maak en ons gemoedsrus versteur. Die oënskynlike sukses van kwaaddoeners kan selfs gevoelens van afguns wek. Maar sal dit die situasie verbeter as ons ons ontstel? Sal dit enigsins die afloop vir die goddeloses verander as ons afgunstig is op die skynbare voordele wat hulle geniet? Beslis nie! En dit is sekerlik nie nodig om “driftig” te raak nie. Waarom nie?
-
-
‘Verlustig jou in Jehovah’Die Wagtoring – 2003 | Desember 1
-
-
6. Watter les kan ons uit Psalm 37:1, 2 leer?
6 Moet ons dan toelaat dat die kortstondige voorspoed van kwaaddoeners ons ontstel? Die les in die eerste twee verse van Psalm 37 is: Moenie toelaat dat hulle sukses jou laat afwyk van jou besluit om Jehovah te dien nie. Hou eerder jou oë gerig op geestelike seëninge en doelwitte.—Spreuke 23:17.
-