Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vertrou dat Jehovah sy voornemens sal uitvoer
    Die Wagtoring – 1994 | Maart 15
    • 15. Hoe het Dawid sy vertroue in Jehovah se voorneme uitgespreek?

      15 Sowat ses eeue ná Job en ongeveer duisend jaar voor Jesus na die aarde toe gekom het, het Dawid sy vertroue in ’n nuwe wêreld uitgespreek. Hy het in die psalms gesê: “Die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit. En nog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie . . . Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede. Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.” Vanweë sy onwankelbare hoop het Dawid mense met hierdie woorde aangespoor: “Vertrou op die HERE . . . en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.”—Psalm 37:3, 4, 9-11, 29.

  • Vertrou dat Jehovah sy voornemens sal uitvoer
    Die Wagtoring – 1994 | Maart 15
    • 22. Waarom moet ons ons vertroue in Jehovah stel?

      22 In die nuwe wêreld sal die getroue mensdom die vervulling van Romeine 8:21 sien: “Die skepping self [sal] vrygemaak . . . word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.” Hulle sal die vervulling sien van hierdie gebed wat Jesus sy volgelinge geleer het: “Laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde” (Mattheüs 6:10). Jy kan dus jou volle vertroue in Jehovah stel omdat sy onfeilbare belofte is: “Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.”—Psalm 37:29.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel