-
Wag op JehovahDie Wagtoring – 1986 | Oktober 15
-
-
♦ 42:2—In watter sin was die psalmis soos ‘’n hert wat na water smag’?
Hierdie Leviet was om die een of ander rede in ballingskap. Hy het aanbidding by Jehovah se heiligdom dermate gemis dat hy gevoel het soos ’n dors hert, of takbokooi, waarop daar jag gemaak word en wat smag na water in ’n barre dorsland. Hy het ‘gedors’, of gesmag, na Jehovah en na die voorreg om God by Sy heiligdom te aanbid.—Vers 3.
-
-
Wag op JehovahDie Wagtoring – 1986 | Oktober 15
-
-
Les vir ons: Die ondervinding van die psalmis in ballingskap behoort ons te beweeg om innige waardering te toon vir die omgang wat ons nou met Jehovah se volk geniet. As gevangenskap weens vervolging ons tydelik verhinder om saam met hulle te wees, kan ons nadink oor die vreugde wat ons in heilige diens geniet het en moet ons bid om volharding terwyl ons ‘op God hoop’ om ons in staat te stel om weer daadwerklik met sy aanbidders om te gaan.—Psalm 42:5, 6, 12; 43:3-5.
-