Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah toon ons hoe om ons dae te tel
    Die Wagtoring – 2001 | November 15
    • 17. Wat is die tipiese lewensduur van mense oor die algemeen, en waardeur word dit gekenmerk?

      17 Aangaande die lewensduur van onvolmaakte mense sê die psalmis: “Die dae van ons jare is op sigself sewentig jaar; en as dit weens besondere krag tagtig jaar is, is dit nietemin vol moeite en skadelike dinge; want gou sal dit verbygaan, en ons vlieg daarheen” (Psalm 90:10, NW). Die tipiese lewensduur van mense is oor die algemeen 70 jaar, en op 85 het Kaleb na sy buitengewone krag verwys. Daar was uitsonderings, soos Aäron (123), Moses (120) en Josua (110) (Numeri 33:39; Deuteronomium 34:7; Josua 14:6, 10, 11; 24:29). Maar van die ontroue geslag wat uit Egipte gekom het, het al die geteldes van 20 jaar en ouer binne 40 jaar gesterf (Numeri 14:29-34). Vandag bly die algemene lewensduur van mense in baie lande binne die tydsbestek wat die psalmis genoem het. Ons jare word gekenmerk deur “moeite en skadelike dinge”. Dit gaan gou verby, “en ons vlieg daarheen”.—Job 14:1, 2.

  • Jehovah toon ons hoe om ons dae te tel
    Die Wagtoring – 2001 | November 15
    • 19 Die psalmis se woorde is ’n gebed dat Jehovah sy knegte moet leer hoe om wysheid aan die dag te lê deur hulle oorblywende dae te waardeer en dit te gebruik op ’n manier wat God se goedkeuring wegdra. ’n Lewensverwagting van 70 jaar bied die vooruitsig op ongeveer 25 500 dae. Maar ongeag hoe oud ons is, ‘ons weet nie wat ons lewe môre sal wees nie, want ons is ’n mis wat vir ’n klein rukkie verskyn en dan verdwyn’ (Jakobus 4:13-15). Aangesien ‘tyd en onvoorsiene gebeurtenisse ons almal tref’, kan ons nie sê hoeveel langer ons nog sal lewe nie. Laat ons derhalwe bid vir wysheid om beproewinge die hoof te bied, om ander reg te behandel en om nóú—vandag—ons bes in Jehovah se diens te doen! (Prediker 9:11, NW; Jakobus 1:5-8). Jehovah lei ons deur middel van sy Woord, sy gees en sy organisasie (Matteus 24:45-47; 1 Korintiërs 2:10; 2 Timoteus 3:16, 17). As ons wysheid aan die dag lê, sal ons beweeg word om ‘eers God se Koninkryk te soek’ en om ons dae só te gebruik dat dit Jehovah verheerlik en sy hart verbly (Matteus 6:25-33; Spreuke 27:11). Dit sal natuurlik nie al ons probleme uit die weg ruim as ons hom met ons hele hart aanbid nie, maar dit lei beslis tot groot vreugde.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel