Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1991 | Augustus 1
    • Die boek Spreuke bevat baie verse wat losstaande, pittige brokkies raad bevat, maar Spreuke 27:23 is deel van ’n groep verse: “Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee; want ’n skat is nie vir ewig nie—of sal ’n kroon wees van geslag tot geslag? As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word, dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as ’n koopprys vir grond, en genoeg bokmelk as voeding vir jou, as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.”—Spreuke 27:23-27.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 1991 | Augustus 1
    • “’n Skat”, of rykdom wat in vinnige saketransaksies verkry word, met gevolglike belangrikheid (“’n kroon”), kan maklik verdwyn, soos baie sal getuig. Daar is dus veel te sê ten gunste van ’n eenvoudige lewe, soos dié wat eertydse herders gevolg het terwyl hulle na hulle vee omgesien het. Daardie lewenswyse was nie eenvoudig in die sin dat dit sorgvry was nie. ’n Herder moes sy kudde oppas en seker maak dat die skape beskerming geniet (Psalm 23:4). Wanneer hy na hulle gekyk het en ’n siek of beseerde skaap gevind het, het hy hom moontlik met strelende olie gesalf (Psalm 23:5; Esegiël 34:4; Sagaria 11:16). In die meeste gevalle het die sorgsame herder wat noukeurig ag gegee het op sy troppe vee die vrugte van sy arbeid gepluk—die geleidelike vermeerdering van sy kudde.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel