-
Ons het rede om van vreugde uit te roepDie Wagtoring – 1996 | Februarie 15
-
-
“Hulle sal tot gejubel en verheuging kom, en droefheid en gesug moet wegvlug.”—JESAJA 35:10, NW.
-
-
Ons het rede om van vreugde uit te roepDie Wagtoring – 1996 | Februarie 15
-
-
3. Watter betekenisvolle woorde verdien ons aandag, en waarom?
3 Dink aan Jesus se woorde: “Hierdie dinge het ek tot julle gespreek, sodat my vreugde in julle kan wees en julle vreugde volkome gemaak kan word” (Johannes 15:11). Sodat “julle vreugde volkome gemaak kan word”. Wat ’n beskrywing! ’n Deeglike studie van die Christelike lewenswyse sal baie redes openbaar waarom ons vreugde volkome kan wees. Maar let vir eers op die betekenisvolle woorde in Jesaja 35:10 (NW). Dit is betekenisvol omdat dit werklik vandag vir ons van belang is. Ons lees: “Juis hulle wat deur Jehovah vrygekoop is, sal terugkeer en gewis met ’n vreugdegeroep na Sion kom; en verheuging tot onbepaalde tyd sal op hulle hoof wees. Hulle sal tot gejubel en verheuging kom, en droefheid en gesug moet wegvlug.”
4. Van watter soort vreugde praat Jesaja 35:10, en waarom moet ons daaraan aandag gee?
4 “Verheuging tot onbepaalde tyd.” Die frase “tot onbepaalde tyd” is ’n getroue weergawe van wat Jesaja in Hebreeus geskryf het. Maar ander tekste bevestig dat die betekenis in hierdie vers “vir ewig” is (Psalm 45:7; 90:2, NW; Jesaja 40:28, NW). Die verheuging sal dus sonder einde wees, in toestande wat ewige verheuging sal toelaat—ja, sal regverdig. Klink dit nie wonderlik nie? Maar miskien klink die vers vir jou na ’n kommentaar oor ’n abstrakte situasie, en jy dink dalk: ‘Dit raak my nie werklik soos my alledaagse probleme en bekommernisse my raak nie.’ Maar die feite toon dat dit wel die geval is. Die profetiese belofte in Jesaja 35:10 is vandag vir jou betekenisvol. Om te sien hoe, kan ons hierdie pragtige hoofstuk, Jesaja 35, ondersoek en elke deel in sy verband sien. Jy kan daarvan verseker wees dat jy sal geniet wat ons gaan vind.
-