-
“Julle is my getuies”!Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
11. Watter opdrag gee Jehovah aan sy kneg, en wat openbaar Jehovah oor sy Godheid?
11 Aangesien valse gode kragteloos is, kan hulle geen getuies voorsien nie. Gevolglik bly die getuiebank ontstellend leeg. Maar nou is dit Jehovah se beurt om sy Godheid te bevestig. Hy kyk na sy volk en sê: “Julle is my getuies, . . . ja, my kneg wat ek uitverkies het, sodat julle my kan ken en geloof in my kan hê, en sodat julle kan verstaan dat ek dieselfde is. Voor my is geen God geformeer nie, en ná my was daar steeds nie een nie. Ek—ek is Jehovah, en buiten my is daar geen redder nie. Ek het verkondig en gered en dit laat hoor, toe daar geen vreemde god onder julle was nie. En julle is my getuies, . . . en ek is God. Ook is ek altyd dieselfde; en daar is niemand wat verlossing uit my hand bewerkstellig nie. Ek sal bedrywig raak, en wie kan [my hand] afwend?”—Jesaja 43:10-13.
12, 13. (a) Watter oorvloedige getuienis het Jehovah se volk om te lewer? (b) Hoe is Jehovah se naam in hedendaagse tye op die voorgrond gebring?
12 As antwoord op Jehovah se woorde staan die getuiebank sommer gou tot oorlopens toe vol van ’n vreugdevolle skare getuies. Hulle getuienis is duidelik en onweerlegbaar. Soos Josua getuig hulle dat ‘alles wat Jehovah gespreek het, bewaarheid is. Nie een woord het onvervuld gebly nie’ (Josua 23:14). Die woorde van Jesaja, Jeremia, Esegiël en ander profete wat soos een man voorspel het dat Juda in ballingskap weggevoer sal word en dat hulle wonderbaarlik uit ballingskap bevry sal word, weerklink nog in die ore van Jehovah se volk (Jeremia 25:11, 12). Juda se verlosser, Kores, is by name genoem lank voor hy gebore is!—Jesaja 44:26–45:1.
13 Wie kan, met die oog op hierdie oorvloed van getuienis, ontken dat Jehovah die enigste ware God is? In teenstelling met heidense gode is net Jehovah nie deur iemand geskep nie; hy alleen is die ware God.a Gevolglik het die volk wat Jehovah se naam dra, die unieke en opwindende voorreg om toekomstige geslagte en ander wat oor hom navraag doen, van sy wonderlike werke te vertel (Psalm 78:5-7). Op ’n soortgelyke manier het Jehovah se hedendaagse Getuies die voorreg om Jehovah se naam oor die hele aarde bekend te maak. In die 1920’s het die Bybelstudente al hoe meer bewus geword van die diepe betekenis van God se naam, Jehovah. Toe, op 26 Julie 1931, het die Genootskap se president, Joseph F. Rutherford, ’n resolusie met die titel “’n Nuwe naam” by ’n byeenkoms in Columbus, Ohio, voorgelê. Die byeenkomsgangers, wat die resolusie met ’n dawerende “Ja!” aangeneem het, was verheug oor die woorde: “Ons wil graag bekend staan as en genoem word by die naam Jehovah se getuies.” Sedertdien is Jehovah se naam wêreldwyd op die voorgrond gebring.—Psalm 83:18.
-
-
“Julle is my getuies”!Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
a In die mitologie van die nasies word baie gode “gebore” en het hulle “kinders”.
-