-
Valse godsdiens se dramatiese einde word voorspelJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
12. Waarom word Babilon ’n “genotsieke vrou” genoem?
12 Jehovah verklaar: “Hoor dan nou dit, jou genotsieke vrou wat in veiligheid sit, wat in haar hart sê: ‘Ek is, en daar is niemand anders nie. Ek sal nie as weduwee sit nie, en ek sal nie die verlies van kinders ken nie’” (Jesaja 47:8). Babilon se genotsugtige reputasie is baie bekend. Die geskiedskrywer Herodotus van die vyfde eeu v.G.J. vertel van ’n “uiters skandelike gebruik” van die Babiloniërs, naamlik dat daar van alle vroue verwag word om prostitute te wees tot eer van hulle godin van die liefde. Die eertydse geskiedskrywer Kurtius het ook gesê: “Geen verontreiniging is erger as die gebruike van die stad nie; geen stelselmatige verderwing kan meer aansporings en verlokkinge tot verdorwenheid bied nie.”
13. Hoe sal Babilon se genotsug haar val verhaas?
13 Babilon se genotsug sal haar val verhaas. Op die vooraand van die stad se val sal die koning en sy edelmanne feesvier, en hulle sal hulle dronk drink. Hulle sal dus glad nie ag slaan op die Medo-Persiese leërs wat die stad binneval nie (Daniël 5:1-4). Babilon ‘sit in veiligheid’ en sal dink dat haar skynbaar ondeurdringbare mure en grag ’n beskerming teen ’n inval sal wees. Sy sê vir haarself dat ‘daar niemand anders is’ wat ooit haar posisie van oppermag kan beklee nie. Sy dink nie dat sy ooit ’n “weduwee” sal word, dat sy ooit haar heerser sowel as haar “kinders”, of bevolking, sal verloor nie. Maar geen muur kan die stad teen die wrekende arm van Jehovah God beskerm nie! Jehovah sal later sê: “Al sou Babilon na die hemel opklim en al sou hy die hoogte van sy sterkte ontoeganklik maak, van my af sal die plunderaars na hom toe kom.”—Jeremia 51:53.
-
-
Valse godsdiens se dramatiese einde word voorspelJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
[Prente op bladsy 111]
Genotsugtige Babilon sal tot die stof verlaag word
-