Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah onderrig ons tot ons voordeel
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 19. Watter opregte versoek rig Jehovah tot die Israeliete?

      19 Jehovah se begeerte dat sy volk rampspoed moet vermy en dat hulle die lewe moet geniet, word pragtig beskryf: “Ag, as jy maar aan my gebooie aandag sal skenk! Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word, en jou regverdigheid soos die golwe van die see” (Jesaja 48:18). Wat ’n opregte versoek is dit tog van die almagtige Skepper! (Deuteronomium 5:29; Psalm 81:13). Pleks van in gevangenskap te gaan, kan die Israeliete vrede geniet wat so oorvloedig sal wees soos die vloeiende water van ’n rivier (Psalm 119:165). Hulle regverdige dade kan so ontelbaar wees soos die golwe van die see (Amos 5:24). As die een wat werklik in hulle belangstel, rig Jehovah ’n versoek tot die Israeliete, wys hy hulle liefdevol die weg wat hulle moet bewandel. As hulle maar net wil luister!

  • Jehovah onderrig ons tot ons voordeel
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 21. Watter seëninge kan ons vandag geniet as ons ’n begeerte aankweek om deur Jehovah onderrig te word?

      21 Die beginsels wat in hierdie kragtige boodskap vervat word, is op Jehovah se hedendaagse aanbidders van toepassing. Jehovah is die Bron van die lewe, en hy weet beter as enigiemand hoe ons ons lewe moet gebruik (Psalm 36:9). Hy het ons riglyne gegee, nie om ons van genot te beroof nie, maar sodat ons daardeur bevoordeel kan word. Ware Christene reageer daarop deur ’n begeerte aan te kweek om deur Jehovah onderrig te word (Miga 4:2). Sy riglyne beskerm ons geestelikheid en ons verhouding met hom, en dit beskerm ons teen Satan se verderflike invloed. Wanneer ons die beginsels agter God se wette verstaan, sien ons dat Jehovah ons tot ons voordeel onderrig. Ons besef dat ‘sy gebooie nie swaar is nie’. En ons sal nie vernietig word nie.—1 Johannes 2:17; 5:3.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel