-
“Moenie julle vertroue in edeles stel nie”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
2 Juda kan niemand anders hiervoor kwalik neem nie. Hulle kan nie tereg sê dat hulle vernietig word omdat Jehovah verraderlik met hulle gehandel het of sy verbond met die nasie verwaarloos het nie. Die Skepper verbreek nooit sy verbond nie (Jeremia 31:32; Daniël 9:27; Openbaring 15:4). Jehovah beklemtoon dié feit en vra die Jode: “Waar is die skeibrief dan van julle moeder, wat ek weggestuur het?” (Jesaja 50:1a). Onder die Mosaïese Wet moet ’n man wat van sy vrou skei, vir haar ’n skeibrief gee. Dan is sy vry om ’n ander man se vrou te word (Deuteronomium 24:1, 2). Jehovah het in figuurlike sin so ’n skeibrief vir Juda se susterkoninkryk, Israel, gegee, maar nie vir Juda nie.a Hy is nog steeds hulle “eggenoot-eienaar” (Jeremia 3:8, 14). Juda is sekerlik nie vry om met heidense nasies om te gaan nie. Jehovah se verhouding met hulle sal voortduur “totdat Silo [die Messias] kom”.—Genesis 49:10.
3. Waarom ‘verkoop’ Jehovah sy volk?
3 Jehovah vra Juda ook: “Aan wie van my skuldeisers het ek julle verkoop?” (Jesaja 50:1b). Die Jode sal nie in Babiloniese ballingskap gestuur word om die een of ander skuld te betaal wat Jehovah hom kwansuis op die hals gehaal het nie. Jehovah is nie soos ’n arm Israeliet wat sy kinders aan ’n skuldeiser moet verkoop om sy skuld te vereffen nie (Eksodus 21:7). Jehovah sê eerder wat die werklike rede is waarom sy volk in slawerny sal verkeer: “Kyk! Weens julle ongeregtighede is julle verkoop, en weens julle oortredings is julle moeder weggestuur” (Jesaja 50:1c). Die Jode het Jehovah verstoot; hy het hulle nie verstoot nie.
-
-
“Moenie julle vertroue in edeles stel nie”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
a In die eerste drie verse van Jesaja hoofstuk 50 beskryf Jehovah die nasie Juda as ’n geheel as sy vrou en die afsonderlike inwoners daarvan as haar kinders.
-