-
Die Bybel—’n Boek van akkurate profesie, Deel 4Ontwaak! – 2012 | Augustus
-
-
Christus se lyding voorspel
Profesie 1: “Ek het my rug gegee vir dié wat slaan.”—Jesaja 50:6.c
Vervulling: In die jaar 33 HJ het Jesus se Joodse vyande hom voor die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus gebring om verhoor te word. Die goewerneur het besef dat Jesus onskuldig was en het hom probeer vrylaat. Maar aangesien die Jode daarop aangedring het dat Jesus doodgemaak moet word, het Pilatus “uitspraak gelewer dat daar aan hulle eis voldoen moes word” en het hy Jesus oorgelewer om aan die paal gehang te word (Lukas 23:13-24). Maar eers “het Pilatus Jesus geneem en hom gegesel”, of erg laat slaan (Johannes 19:1). Soos Jesaja voorspel het, het Jesus geen weerstand gebied nie, maar ‘sy rug gegee vir dié wat slaan’.
Wat die geskiedenis toon:
● Die geskiedenis bevestig dat die Romeine hulle slagoffers gewoonlik gegesel het voordat hulle hulle tereggestel het. Volgens een naslaanwerk is ’n persoon “gegesel met ’n sweep wat ’n aantal leerriempies gehad het waaraan stukkies lood of skerp metaal vasgemaak is. Die slagoffer is . . . op die kaal rug geslaan . . . totdat die vlees oopgeskeur is. Soms het dit die dood tot gevolg gehad.” Jesus het hierdie geseling egter oorleef.
-
-
Die Bybel—’n Boek van akkurate profesie, Deel 4Ontwaak! – 2012 | Augustus
-
-
c Die konteks toon dat die “ek” in hierdie profesie na Christus verwys. Vers 8 sê byvoorbeeld: “Die Een [God] wat my [Jesus Christus] regverdig verklaar, is naby.” Toe Jesus op aarde was, was hy die enigste mens wat in God se oë regverdig, of sonder sonde, was.—Romeine 3:23; 1 Petrus 2:21, 22.
-