-
‘Roep eenstemmig met vreugde uit’!Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
7. Watter uitwerking het die gevangenskap van Jehovah se volk op sy naam gehad?
7 Die gevange toestand van Jehovah se volk het ’n uitwerking op sy naam, soos die profesie toon: “‘Watter belang het ek hier?’ is die woord van Jehovah. ‘Want my volk is vir niks weggeneem. Dié wat oor hulle heers, het bly skreeu’, is die woord van Jehovah, ‘en my naam is voortdurend, die hele dag, met minagting bejeën. Daarom sal my volk my naam ken, ja, daarom op dié dag, want dit is ek wat praat. Kyk! Dit is ek’” (Jesaja 52:5, 6). Waarom stel Jehovah in die situasie belang? Hoe raak dit hom dat Israel slawe in Babilon is? Jehovah moet optree omdat Babilon sy volk gevange geneem en in triomf oor hulle geskreeu het. Hierdie gespog het daartoe gelei dat Babilon Jehovah se naam met minagting bejeën (Esegiël 36:20, 21). Hulle het nie besef dat Jerusalem se verwoeste toestand die gevolg van Jehovah se misnoeë met sy volk is nie. Babilon het eerder die feit dat die Jode slawe is, beskou as ’n bewys dat hulle God swak is. Die Babiloniese medeheerser Belsasar bespot Jehovah selfs deur houers uit Sy tempel te gebruik gedurende ’n fees ter ere van Babiloniese gode.—Daniël 5:1-4.
-
-
‘Roep eenstemmig met vreugde uit’!Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
9, 10. Tot watter dieper begrip van Jehovah se standaarde en sy naam het God se hedendaagse verbondsvolk gekom?
9 Toe die Grotere Kores, Jesus Christus, God se verbondsvolk in 1919 uit gevangenskap aan Babilon die Grote bevry het, het hulle Jehovah se vereistes beter verstaan. Hulle het hulleself reeds gereinig van baie van die leringe van die Christendom wat in die voor-Christelike heidendom ontstaan het, soos die Drie-eenheid, onsterflikheid van die siel en ewige foltering in ’n brandende hel. Nou het hulle begin om van alle spore van Babiloniese invloed ontslae te raak. Hulle het ook besef hoe belangrik dit is om streng neutraliteit in hierdie wêreld se geskille te handhaaf. Hulle wou hulle selfs reinig van enige bloedskuld waaraan party moontlik skuldig was.
10 God se hedendaagse knegte het ook tot ’n dieper begrip gekom van die belangrikheid van Jehovah se naam. In 1931 het hulle die naam Jehovah se Getuies aangeneem, en sodoende in die openbaar aangekondig dat hulle Jehovah en sy naam ondersteun. Daarbenewens het Jehovah se Getuies sedert 1950 deur middel van die Nuwe wêreld-vertaling God se naam op sy regmatige plek in die Bybel herstel. Ja, hulle waardeer Jehovah se naam en maak dit tot aan die eindes van die aarde bekend.
-