Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Laat ons sake regstel”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 5. Wat is van die dade van aanbidding wat die Jode verrig het, en waarom het dit vir Jehovah “’n las” geword?

      5 Dit is geen wonder nie dat Jehovah nou selfs sterker taal gebruik! “Hou op om nog waardelose graanoffers te bring. Reukwerk—dit is vir my iets verfoeiliks. Nuwemaan en sabbat, die uitroep van ’n byeenkoms—ek kan die gebruik van towerkrag tesame met die plegtige vergadering nie verdra nie. Julle nuwemane en julle feesgetye het my siel gehaat. Hulle het vir my ’n las geword; ek het moeg geword om hulle te dra” (Jesaja 1:13, 14). Graanoffers, reukwerk, Sabbatte en plegtige vergaderinge is alles deel van God se Wet aan Israel. Aangaande “nuwemane” sê die Wet bloot dat dit gevier moet word, maar goeie tradisies het mettertyd om die viering daarvan ontstaan (Numeri 10:10; 28:11). Die nuwemaan word as ’n maandelikse sabbat beskou wanneer die volk ophou werk en selfs bymekaarkom om deur die profete en priesters onderrig te word (2 Konings 4:23; Esegiël 46:3; Amos 8:5). Sulke gebruike is nie verkeerd nie. Die probleem ontstaan wanneer dit bloot vir die skyn gedoen word. Daarbenewens wend die Jode hulle tot “towerkrag”, spiritistiese gebruike, saam met hulle formalistiese onderhouding van God se Wet.b Hulle dade van aanbidding voor Jehovah is dus vir hom “’n las”.

  • “Laat ons sake regstel”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • b Die Hebreeuse woord vir “towerkrag” word ook vertaal met “wat skadelik is”, “iets bonatuurliks” en “verkeerde”. Volgens die Theological Dictionary of the Old Testament het Hebreeuse profete die woord gebruik om “boosheid wat deur die misbruik van mag veroorsaak word” te veroordeel.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel