Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Wees vir ewig bly oor wat ek skep”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • Vertroue in “die Geluksgod”

      13, 14. Watter gebruike toon dat God se volk hom verlaat het, en wat sal as gevolg daarvan met hulle gebeur?

      13 Jesaja se profesie vestig nou weer die aandag op diegene wat Jehovah verlaat het en volgehou het met afgodediens. Dit sê: “Julle is dié wat Jehovah verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ’n tafel vir die Geluksgod dek en wat gemengde wyn vir die god van die Noodlot skink” (Jesaja 65:11). Deur ’n tafel vol kos en drank voor “die Geluksgod” en “die god van die Noodlot” te dek, het hierdie afvallige Jode in die afgodiese gebruike van die heidense nasies verval.b Wat sal word van enigiemand wat liggelowig genoeg is om op hierdie gode te vertrou?

  • “Wees vir ewig bly oor wat ek skep”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 15. Hoe slaan ware Christene vandag ag op die waarskuwing in Jesaja 65:11, 12?

      15 Vandag slaan ware Christene ag op die waarskuwing wat in Jesaja 65:11, 12 gevind word. Hulle glo nie dat ‘Geluk’ die een of ander bonatuurlike mag is wat gunste kan verskaf nie. Hulle weier om hulle materiële besittings te vermors om “die Geluksgod” tevrede te stel en vermy alle vorme van dobbelary. Hulle is oortuig dat diegene wat hulle aan hierdie god toewy, uiteindelik alles sal verloor, want Jehovah sê vir sulke persone: “Ek sal julle vir die swaard bestem.”

  • “Wees vir ewig bly oor wat ek skep”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • b Die Bybelvertaler Hieronimus (gebore in die vierde eeu G.J.) het op hierdie vers kommentaar gelewer en vertel van ’n ou gebruik wat afgodedienaars op die laaste dag van die laaste maand van hulle jaar onderhou het. Hy het geskryf: “Hulle het ’n tafel gedek met verskillende soorte kos en ’n beker met gemengde soet wyn om geluk vir die vrugbaarheid van die afgelope of komende jaar te verseker.”

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel