Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Wees vir ewig bly oor wat ek skep”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 29. (a) Watter vreugdes sal God se gehoorsame volk in die herstelde land van Juda hê? (b) Waarom is bome ’n gepaste illustrasie van langlewendheid? (Sien voetnoot.)

      29 Jehovah gaan verder met sy beskrywing van die toestande wat in die herstelde land van Juda sal heers: “Hulle sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet. Hulle sal nie bou sodat iemand anders dit bewoon nie; hulle sal nie plant sodat iemand anders dit eet nie. Want die dae van my volk sal wees soos die dae van ’n boom; en die werk van hulle eie hande sal my uitverkorenes ten volle benut” (Jesaja 65:21, 22). Nadat God se gehoorsame volk na die verwoeste land van Juda teruggekeer het, waar daar ongetwyfeld geen huise of wingerde was nie, sal hulle die vreugde hê om in hulle eie huise te woon en die vrug van hulle eie wingerde te eet. God sal hulle werk seën, en hulle sal lank lewe—soos die dae van ’n boom—waartydens hulle die vrug van hulle arbeid sal geniet.e

      30. In watter gelukkige situasie bevind Jehovah se knegte hulle vandag, en wat sal hulle in die nuwe wêreld geniet?

      30 Daar was in ons dag ’n vervulling van hierdie profesie. Jehovah se volk het in 1919 uit geestelike ballingskap gekom en het hulle “land”, of sfeer van bedrywigheid en aanbidding, begin herstel. Hulle het gemeentes gestig en was geestelik vrugbaar. Gevolglik geniet Jehovah se volk nou reeds ’n geestelike paradys en godgegewe vrede. Ons kan seker wees dat hierdie vrede tot in die fisiese Paradys sal voortduur. Ons kan ons nie eers indink wat Jehovah deur middel van die gewillige harte en hande van sy aanbidders in die nuwe wêreld sal kan uitrig nie. Wat ’n vreugde sal dit tog wees om jou eie huis te bou en dan daarin te woon! Onder die Koninkryksheerskappy sal daar geen tekort aan bevredigende werk wees nie. Hoe wonderlik sal dit tog wees om altyd ‘die goeie te sien’ vir die vrugte van jou eie arbeid! (Prediker 3:13). Sal ons genoeg tyd hê om die werk van ons hande ten volle te geniet? Ja, beslis! Die eindelose lewens van getroue mense sal “soos die dae van ’n boom” wees—duisende jare, en nog langer!

  • “Wees vir ewig bly oor wat ek skep”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • e Bome is ’n gepaste illustrasie van langlewendheid, want sover die mens se kennis strek, is bome van die dinge wat die langste lewe. ’n Olyfboom bring byvoorbeeld honderde jare lank olywe voort en kan tot duisend jaar oud word.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel