Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die tuin van Eden herstel—aardwyd
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
    • 6, 7. (a) Waarom sal die diereryk geen bedreiging vir mense inhou nie? (b) Watter profesie in hierdie verband sal letterlik vervul word?

      6 Die diereryk sal die bewoners van die herstelde Paradys geen kwaad aandoen of geen bedreiging vir hulle inhou nie. God sal enige mate van mensevrees wat die laere diere verloor het aan hulle teruggee. Ons kan dus daarna uitsien dat die bekorende beskrywing van dierelewe in Jesaja 11:6-9 ’n letterlike vervulling gedurende die Duisendjarige Heerskappy van die “Vredevors” sal hê:

      7 “Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ’n klein seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; en die suigling speel by die gat van ’n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ’n basilisk. Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.”

      8. Wat word bedoel met die profetiese verklaring dat die slang se voedsel “stof” sal wees?

      8 Dit sou inkonsekwent wees as God so ’n profesie sou inspireer om slegs ’n geestelike betekenis te hê en nie sulke dinge in die werklike aardse lewe te weerspieël nie. Jesaja 65:25 deel ons eweneens mee: “Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ’n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees.” Beteken dit dat daar geen slange in die globale tuin van Eden gaan wees nie? Nee, die profetiese verklaring dat die slang se voedsel “stof” sal wees, beteken dat lede van die reptielfamilie nooit weer ’n bedreiging vir die lewe en blakende gesondheid van mense sal inhou nie. Hulle sal moet besef dat die mensdom hulle baas is wat heerskappy voer oor alles wat op die aarde beweeg, net soos dit die geval met Adam in die tuin van Eden was toe hy sonder vrees aan al die diere name gegee het.—Genesis 2:19, 20; Hosea 2:17.

  • Die tuin van Eden herstel—aardwyd
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
    • 11. Watter verandering in taal sal plaasvind, en hoe sal dit die mensdom raak?

      11 Sal die aardwye Paradys gebuk gaan onder die verwarring wat deur baie tale veroorsaak word? Nee, want die “Vredevors” word ook die “Sterke God” genoem (Jesaja 9:5). Hy kan dus ’n einde maak aan die verwarring van tale wat by die toring van Babel ontstaan het (Genesis 11:6-9). Wat sal die gemeenskaplike taal van al die aardse kinders van die “Ewige Vader” word? Sal dit die oorspronklike taal van die eerste man Adam wees, die taal waarmee Jehovah hom begaaf het? Waarskynlik. Alle taalskeidsmure sal in ieder geval uitgewis word. Jy sal oral kan reis en met mense kan kommunikeer. Jy sal hulle verstaan, en hulle sal jou verstaan. Die hele mensdom sal een taal praat, en dit sal gepas wees dat die hele Bybel in daardie taal beskikbaar is. (Vergelyk Sefanja 3:9.) Die hele aarde sal in daardie taal met die kennis van Jehovah gevul word “soos die waters die seebodem oordek”.—Jesaja 11:9.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel