-
“Gehoorsaam asseblief die stem van Jehovah”God se woord vir ons deur Jeremia
-
-
12. Wat moet die ouer manne soms doen om die gemeente te beskerm?
12 Baie Jode het die hulp versmaai wat Jehovah keer op keer deur middel van Jeremia aangebied het. Net so kan iemand wat hom vandag aan ernstige sonde skuldig gemaak het, onberouvol wees en die hulp van die ouer manne verwerp. In so ’n geval moet die ouer manne die skriftuurlike voorskrif volg om die gemeente te beskerm deur die oortreder uit te sit. (1 Kor. 5:11-13; sien die venster “Die lewe sonder wet”, op bladsy 73.) Maar beteken dit dat daar vir ewig geen hoop vir hom of haar sal wees nie, dat hy of sy nooit weer Jehovah se guns sal kan geniet nie? Nee. Die Israeliete was lank opstandig; tog het God gesê: “Keer terug, julle afvallige kinders. Ek sal julle afvallige toestand genees” (Jer. 3:22).a Jehovah nooi oortreders om tot hom terug te keer. Trouens, hy beveel hulle om dit te doen.
-
-
“Gehoorsaam asseblief die stem van Jehovah”God se woord vir ons deur Jeremia
-
-
a Hier het Jehovah die noordelike koninkryk van Israel aangespreek. Die lede van daardie tienstammeryk was al sowat 100 jaar in ballingskap toe Jeremia sy boodskap verkondig het. Hy het erken dat dié nasie tot in sy dag nog geen berou getoon het nie (2 Kon. 17:16-18, 24, 34, 35). Individue kon nietemin weer God se guns verkry en selfs uit ballingskap terugkeer.
-