Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die strydende konings nader hulle einde
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • ’N “BOTSING” IN DIE TYD VAN DIE EINDE

      15. Hoe het die koning van die Suide met die koning van die Noorde in “botsing” gekom?

      15 “In die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom”, het die engel vir Daniël gesê (Daniël 11:40a). Het die koning van die Suide gedurende “die tyd van die einde” met die koning van die Noorde ‘gebots’? (Daniël 12:4, 9). Ja, beslis. Ná die Eerste Wêreldoorlog was die vredesverdrag wat as straf op die destydse koning van die Noorde—Duitsland—gelê is beslis ’n “botsing”, iets wat hom tot vergelding sou uitlok. Ná die koning van die Suide se oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog het hy skrikwekkende kernwapens op sy mededinger gerig en ’n kragtige militêre bondgenootskap, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), teen hom georganiseer. ’n Britse geskiedskrywer sê van NAVO se funksie: “Dit was die vernaamste instrument in die ‘magsbeperking’ van die USSR, wat nou gesien is as die grootste bedreiging vir vrede in Europa. Dit was 40 jaar lank in werking, en was ongetwyfeld suksesvol in sy pogings.” Gedurende die jare van die Koue Oorlog het hierdie “botsing” deur die koning van die Suide hipertegnologiese spioenasie sowel as diplomatieke en militêre aanvalle ingesluit.

      16. Hoe het die koning van die Noorde op hierdie botsing deur die koning van die Suide gereageer?

      16 Hoe het die koning van die Noorde hierop gereageer? “Die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei” (Daniël 11:40b). Die geskiedenis van die laaste dae is gekenmerk deur die koning van die Noorde se uitbreidingspolitiek. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Nazi-“koning” oor sy grense en in die omliggende lande ingestroom. Aan die einde van daardie oorlog het die nuwe “koning” ’n magtige ryk opgebou. Gedurende die Koue Oorlog het die koning van die Noorde en sy mededinger teen mekaar geveg deurdat hulle teenoorgestelde kante gesteun het in oorloë en opstande in Afrika, Asië en Latyns-Amerika. Hy het ware Christene vervolg en hulle bedrywighede beperk—maar hy kon dit beslis nie stopsit nie. En sy militêre en politieke optrede het ’n aantal lande onder sy beheer laat kom. Dit is presies soos die engel voorspel het: “Hy sal ook kom in die Pragtige Land [die geestelike grondgebied van Jehovah se volk], en baie sal struikel.”—Daniël 11:41a.

  • Die strydende konings nader hulle einde
    Gee ag op Daniël se profesie!
    • [Prente op bladsy 279]

      Die “botsing” deur die koning van die Suide het hipertegnologiese spioenasie en die bedreiging van militêre optrede ingesluit

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel