Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die ondergang van ’n nasie
    Die Wagtoring – 1989 | April 1
    • Vrees Jehovah, nie teenstanders nie. Die vernietiging van Israel kon teweeggebring word deur ’n swerm sprinkane of ’n verterende vuur. Amos het namens Israel ’n beroep op God gedoen, en ‘Jehovah het berou gekry’ oor sy oordeel, sodat dit nie op hierdie wyse voltrek is nie. Maar soos ’n bouer wat die vertikale vlak van ’n muur met ’n skietlood nagaan, sal Jehovah Israel “voortaan nie meer verskoon nie” (Amos 7:1-8, vgl. NW). Die nasie moet verwoes word. Amasia, ’n priester van kalfaanbidding, is woedend oor die profeet se boodskap en beskuldig Amos valslik van verraad en beveel hom om ‘na die land Juda te vlug en nie meer verder in Bet-el te profeteer nie’ (Amos 7:12, 13). Deins Amos terug? Nee! Hy voorspel onbevrees die dood van Amasia en rampspoed vir sy gesin. Soos vrugte in die oestyd bymekaargemaak word, so is dit tyd vir Jehovah om met Israel af te reken. Daar sal geen ontvlugting wees nie.—Amos 7:1–8:14.

  • Die ondergang van ’n nasie
    Die Wagtoring – 1989 | April 1
    • o 7:1, NW—“Die gemaaide gras van die koning” het heel waarskynlik betrekking gehad op die belasting of heffing wat die koning opgelê het om voedsel vir sy diere en kavallerie te verskaf. Die koning se belasting moes eerste betaal word, waarna die volk die “gras”, of plantegroei, vir hulle eie gebruik kon kry. Maar voordat hulle dit kon doen, het die sprinkane gekom en hierdie latere plantsel opgevreet.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel