-
Hy het uit sy foute geleerDie Wagtoring — 2009 | Januarie 1
-
-
Maar wag! Iets het naby hom beweeg—’n ontsaglike, donker voorwerp, ’n lewende wese. Dit het voor hom opgedoem en toe op hom afgepyl. ’n Groot mond het oopgegaan en hom ingesluk!
Dit is beslis klaarpraat met hom. Maar Jona het iets verbasends besef. Hy het nog gelewe! Hy is nie verbrysel, verteer of selfs versmoor nie. Nee, hy het nog asemgehaal, hoewel hy in iets was wat in werklikheid sy graf moes gewees het. Jona is stadigaan met ontsag vervul. Sy God, Jehovah, het ongetwyfeld “’n groot vis beskik om Jona in te sluk”.c—Jona 1:17.
Minute het verloop en later ure geword. Daar, in die diepste duisternis waarin hy al ooit was, het Jona tyd gehad om te dink en tot Jehovah God te bid. Sy gebed, wat in sy geheel in die tweede hoofstuk van Jona opgeteken is, is insiggewend. Dit toon dat Jona ’n uitgebreide kennis van die Skrif gehad het, want dit verwys dikwels na die Psalms. Dit openbaar ook ’n hartverblydende eienskap: dankbaarheid. Jona het afgesluit: “Wat my betref, met die stem van danksegging sal ek offerandes aan u bring. Wat ek plegtig belowe het, sal ek betaal. Redding behoort aan Jehovah.”—Jona 2:9.
Jona het uitgevind dat Jehovah aan enigiemand, op enige plek en te eniger tyd redding kan verskaf. Selfs daar, “in die ingewande van die vis”, het Jehovah sy verontruste kneg gevind en gered (Jona 1:17). Slegs Jehovah kan ’n man drie dae en drie nagte lank in die maag van ’n groot vis lewend en gesond hou. Dit is vandag vir ons goed om te onthou dat Jehovah ‘die God is in wie se hand jou asem is’ (Daniël 5:23). Ons het elke asemteug, ons hele bestaan, aan hom te danke. Is ons dankbaar? Is ons dan nie ons gehoorsaamheid aan Jehovah verskuldig nie?
Wat van Jona? Het hy geleer om sy dankbaarheid teenoor Jehovah te toon deur gehoorsaam te wees? Ja, hy het. Ná drie dae en drie nagte het die vis Jona tot by die strand gebring en “Jona op die droë grond uitgebraak” (Jona 2:10). Stel jou voor—dit was op die ou end nie eens vir Jona nodig om strand toe te swem nie! Hy moes natuurlik sy weg van daardie strand af vind, waar dit ook al was. Sy dankbare gees is egter gou op die proef gestel. Jona 3:1, 2 sê: “Toe het die woord van Jehovah die tweede keer tot Jona gekom en gesê: ‘Staan op, gaan na Nineve, die groot stad, en verkondig daaraan die boodskap wat ek vir jou sê.’” Wat sou Jona doen?
-
-
Hy het uit sy foute geleerDie Wagtoring — 2009 | Januarie 1
-
-
c Toe die Hebreeuse woord vir “vis” in Grieks vertaal is, is dit weergegee met “seemonster” of “reusagtige vis”. Hoewel daar geen manier is om vas te stel watter soort seedier dit was nie, is daar al in die Middellandse See haaie opgemerk wat groot genoeg is om ’n mens heel in te sluk. Op ander plekke is daar baie groter haaie; die walvishaai kan tot 15 meter lank word—moontlik selfs langer!
-
-
Hy het uit sy foute geleerDie Wagtoring — 2009 | Januarie 1
-
-
Verbasende dinge gebeur partykeer selfs sonder goddelike ingryping. Daar word byvoorbeeld gesê dat ’n matroos in 1758 in die Middellandse See van sy skip afgeval het en deur ’n haai ingesluk is. ’n Kanon is egter op die haai afgevuur. Die vis is getref en het die matroos uitgebraak, en hy is lewend en feitlik ongedeerd na veiligheid gebring. As dit waar is, sal ons die verhaal moontlik as merkwaardig, selfs verstommend, beskou—maar nie as ’n wonderwerk nie. Kan God nie sy krag gebruik om baie meer te doen nie?
Skeptici hou ook voet by stuk dat niemand drie dae lank in ’n vis kan lewe sonder om te versmoor nie. Maar mense was slim genoeg om uit te werk hoe om tenks met saamgeperste lug te vul en dit te gebruik om lank onder water asem te haal. Kon God nie sy oneindig groter krag en wysheid gebruik om Jona drie dae lank aan die lewe te hou en te laat asemhaal nie? Soos een van Jehovah se engele eenkeer vir Maria, die moeder van Jesus, gesê het: “By God sal geen verklaring ’n onmoontlikheid wees nie.”—Lukas 1:37.
-