-
“Laat jou hande nie slap hang nie”Die Wagtoring – 1996 | Maart 1
-
-
11, 12. (a) Watter ander deel van Sefanja se profesie het vir die oorblyfsel in vervulling gegaan? (b) Hoe het die gesalfde oorblyfsel gehoor gegee aan die oproep: “Laat jou hande nie slap hang nie”?
11 Die getroue oorblyfsel is verheug dat hulle in 1919 uit die geestelike gevangenskap van Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, bevry is. Hulle het die vervulling van Sefanja se profesie ondervind: “Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem! Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! Die HERE jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk.”—Sefanja 3:14-17.
12 Met die oortuiging en oorvloedige bewys dat Jehovah in hulle midde is, het die gesalfde oorblyfsel vreesloos voortgegaan om hulle Goddelike opdrag uit te voer. Hulle het die goeie nuus van die Koninkryk verkondig en Jehovah se oordele bekend gemaak teen die Christendom, die res van Babilon die Grote en Satan se ganse goddelose stelsel van dinge. Sedert 1919 het hulle oor dekades heen in voorspoed en teëspoed aan die Goddelike bevel gehoor gegee: “Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie.” Hulle hande het nie verslap in die verspreiding van miljarde traktate, tydskrifte, boeke en boekies wat Jehovah se Koninkryk aankondig nie. Hulle is ’n geloofversterkende voorbeeld vir die ander skape wat, sedert 1935, na hulle sy stroom.
“Laat jou hande nie slap hang nie”
13, 14. (a) Waarom het sommige Jode teruggedeins om Jehovah te dien, en hoe het dit duidelik geword? (b) Wat sal onverstandig van ons wees om te doen, en in watter werk moet ons nie ons hande laat slap hang nie?
13 Hoe kan ons, terwyl ‘ons aanhou om’ Jehovah se groot dag ‘te verwag’, praktiese hulp uit Sefanja se profesie verkry? In die eerste plek moet ons waak dat ons nie soos die Jode in Sefanja se dag word nie, wat teruggedeins het om Jehovah te volg omdat hulle twyfelgedagtes oor die nabyheid van Jehovah se dag gekoester het. Daardie Jode het nie noodwendig hulle twyfel openlik uitgespreek nie, maar hulle gedrag het geopenbaar dat hulle nie werklik geglo het dat Jehovah se groot dag naby was nie. Hulle het hulle daarop toegelê om rykdom op te gaar pleks van aan te hou om Jehovah te verwag.—Sefanja 1:12, 13; 3:8.
14 Vandag is nie die tyd om toe te laat dat twyfelgedagtes in ons hart wortelskiet nie. Dit sou baie onverstandig wees om die koms van Jehovah se dag in ons verstand of hart uit te stel (2 Petrus 3:1-4, 10). Ons moet daarteen waak om terug te deins om Jehovah te volg of om ‘ons hande slap te laat hang’ in sy diens. Dit sluit in dat ons in ons verkondiging van “die goeie nuus” nie “met ’n trae hand werk” nie.—Spreuke 10:4; Markus 13:10.
-
-
“Laat jou hande nie slap hang nie”Die Wagtoring – 1996 | Maart 1
-
-
16. Watter geestestoestand heers daar onder baie lede van die Christendom se kerke, maar watter bemoediging gee Jehovah ons?
16 Onverskilligheid is vandag in baie dele van die aarde, veral in die welvarender nasies, die algemene gesindheid. Selfs lede van die Christendom se kerke glo eenvoudig nie dat Jehovah God in ons dag in die mensdom se aangeleenthede sal ingryp nie. Met ’n skeptiese glimlag of ’n kortaf: “Ek stel nie belang nie!” minag hulle ons pogings om hulle met die goeie nuus van die Koninkryk te bereik. Onder hierdie omstandighede kan dit ’n ware uitdaging wees om in die predikingswerk te volhard. Dit toets ons uithouvermoë. Maar deur middel van Sefanja se profesie versterk Jehovah sy getroue volk deur te sê: “Laat jou hande nie slap hang nie! Die HERE jou God is by jou, ’n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.”—Sefanja 3:16, 17.
17. Watter puik voorbeeld moet nuwer lede van die ander skape volg, en hoe?
17 Dit is ’n feit in die moderne geskiedenis van Jehovah se volk dat die oorblyfsel, asook ouer lede van die ander skape, ’n ontsaglike insamelingswerk in hierdie laaste dae verrig het. Al hierdie getroue Christene het oor die dekades heen volharding getoon. Hulle het nie toegelaat dat die onverskilligheid van die meerderheid in die Christendom hulle ontmoedig nie. Mag die nuwer lede onder die ander skape dus nie toelaat dat die onverskilligheid teenoor geestelike dinge wat vandag in baie lande so algemeen is hulle ontmoedig nie. Mag hulle nie toelaat dat hulle ‘hande slap hang’, of traag word, nie. Mag hulle elke geleentheid gebruik om Die Wagtoring, Ontwaak! en ander puik publikasies aan te bied wat spesiaal ontwerp is om skaapgeaarde mense die waarheid te leer oor Jehovah se dag en die seëninge wat daarop gaan volg.
-