-
Bybelboek nommer 37—Haggai“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
-
-
12. Watter finale boodskap rig Haggai tot Serubbabel?
12 Die vierde boodskap (2:20-23). Haggai lewer hierdie boodskap dieselfde dag as die derde boodskap, maar dit is tot Serubbabel gerig. Jehovah praat weer van hoe ‘die hemele en die aarde geskud sal word’, maar hierdie keer brei hy hierdie tema uit tot die algehele vernietiging van die koninkryke van die nasies. Baie sal tot ’n val gebring word, “die een deur die swaard van die ander” (2:21, 22, vgl. NW). Haggai sluit sy profesie af met ’n versekering dat Jehovah se guns op Serubbabel sal rus.
-
-
Bybelboek nommer 37—Haggai“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
-
-
16. Watter verband is daar tussen die profesie van Haggai en die Koninkrykshoop, en tot watter diens behoort dit ons vandag aan te spoor?
16 Wat van die profesie dat Jehovah ‘die hemele en die aarde sal skud’? Die apostel Paulus gee die toepassing van Haggai 2:6 met hierdie woorde: “Maar nou het [God] belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur” (Hebr. 12:26-29). Haggai toon dat die doel van die skudding is om ‘die koningstrone omver te werp en die mag van die koninkryke van die nasies te verdelg’ (Hag. 2:21, 22, vgl. NW). Waar hy die profesie aanhaal, praat Paulus in teenstelling hiermee van God se “onwankelbare” Koninkryk. Laat ons dan, met die oog op hierdie Koninkrykshoop, ‘sterk wees en werk’ deur heilige diens aan God te verrig. Laat ons ook in gedagte hou dat daar, voor Jehovah die nasies van die aarde omverwerp, iets kosbaars wakker geskud moet word en uit hulle moet kom om behoue te bly: “Ek sal ook al die nasies laat bewe [“skud”, NW], sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare.”—2:4, 7.
-