-
Niks kan ons “skei van God se liefde” nieKom nader aan Jehovah
-
-
19 Jehovah het empatie. Wat is empatie? Een getroue bejaarde Christen het gesê: “Empatie is jou pyn in my hart.” Word Jehovah werklik deur ons pyn geraak? Ons lees oor die lyding van sy volk Israel: “Wanneer dit sleg gegaan het met hulle, het hy saam met hulle gely” (Jesaja 63:9). Jehovah het nie net hulle moeilikhede gesien nie; hy het empatie vir die volk gehad. Jehovah se woorde aan sy knegte lig toe presies hoe intens hy voel: “Wie aan julle raak, raak aan my oogappel” (Sagaria 2:8).b Hoe pynlik sou dit tog wees! Ja, Jehovah het empatie vir ons. Wanneer ons seerkry, kry hy seer.
-
-
Niks kan ons “skei van God se liefde” nieKom nader aan Jehovah
-
-
b Party vertalings gee hier te kenne dat die een wat aan God se volk raak, aan sy eie oog of Israel se oog raak, nie God se oog nie. Hierdie wanopvatting is ingebring deur sommige kopiïste wat hierdie gedeelte as oneerbiedig beskou het en dit dus verander het. Hulle ondeurdagte poging het afbreuk gedoen aan die intensiteit van Jehovah se persoonlike empatie.
-