Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah het “selfs die hare op julle kop” getel
    Die Wagtoring – 2005 | Augustus 1
    • 6 Om sy apostels te help verstaan waarom hulle nie bevrees hoef te wees nie, het Jesus toe twee illustrasies gegee. Hy het vir hulle gesê: “Word twee mossies nie vir ’n muntstuk van geringe waarde verkoop nie? Tog sal nie een van hulle sonder julle Vader se wete op die grond val nie. Maar selfs die hare op julle kop is almal getel. Moet dus nie vrees nie: julle is meer werd as baie mossies” (Matteus 10:29-31). Let daarop dat Jesus die vermaning om nie bevrees te wees wanneer ons teëspoed ondervind nie, verbind het met vertroue dat Jehovah oor ons as individue besorg is. Die apostel Paulus het klaarblyklik hierdie vertroue gehad. Hy het geskryf: “As God vir ons is, wie sal teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar hom vir ons almal oorgelewer het, waarom sal hy ons dan nie ook saam met hom alle ander dinge goedgunstig gee nie?” (Romeine 8:31, 32). Ongeag voor watter uitdagings jy te staan kom, jy kan ook seker wees dat Jehovah oor jou as persoon besorg is solank jy aan hom lojaal bly. Dit sal selfs duideliker na vore kom wanneer ons Jesus se vermaning aan sy apostels van naderby ondersoek.

  • Jehovah het “selfs die hare op julle kop” getel
    Die Wagtoring – 2005 | Augustus 1
    • 10. Wat is die betekenis van die stelling: “Selfs die hare op julle kop is almal getel”?

      10 Toe het Jesus die volgende woorde by sy illustrasie oor die mossies gevoeg: “Selfs die hare op julle kop is almal getel” (Matteus 10:30). Hierdie kort maar betekenisvolle stelling versterk die punt van Jesus se illustrasie oor die mossies. Dink net: Daar is omtrent 100 000 hare op die gemiddelde menslike kop. Oor die algemeen lyk die een haar net soos die ander, en geen enkele haar verdien skynbaar ons noukeurige ondersoek nie. Tog sien Jehovah God elke haar en tel hy dit. Aangesien dit die geval is, is daar dan enige besonderheid van ons lewe waarvan Jehovah nie bewus sal wees nie? Jehovah verstaan beslis die unieke samestelling van elkeen van sy knegte. Ja, hy “sien wat die hart is”.—1 Samuel 16:7.

      11. Hoe het Dawid sy vertroue uitgespreek in Jehovah se besorgdheid oor hom as persoon?

      11 Dawid, wat goed bekend was met ontberinge, het die vertroue gehad dat Jehovah hom raaksien. “O Jehovah, u het my deurvors, en u ken my”, het hy geskryf. “U het my sit en my opstaan te wete gekom. U het van ver af op my gedagte gelet” (Psalm 139:1, 2). Ook jy kan seker wees dat Jehovah jou persoonlik ken (Jeremia 17:10). Moenie gou wees om aan te neem dat jy te onbelangrik is om deur Jehovah se alsiende oë raakgesien te word nie!

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel