-
Mense wat preek—Bedienaars bied hulle gewillig aanGod se Koninkryk regeer!
-
-
Soos ’n man wat verheug is wanneer hy ’n verborge skat vind, is Christene verheug dat hulle Koninkrykswaarheid gevind het (Sien paragraaf 20)
20. Hoe toon Jesus se illustrasie van die verborge skat hoe sy volgelinge sou reageer op die aansporing om eers die Koninkryk te soek?
20 Jesus het geweet hoe sy volgelinge sou reageer op die aansporing om eers die Koninkryk te soek. Kyk na sy illustrasie van die verborge skat. (Lees Matteus 13:44.) Terwyl die arbeider in die illustrasie sy daaglikse werk in die veld verrig, kom hy op ’n verborge skat af en besef hy onmiddellik hoe waardevol dit is. Wat doen hy? “Weens die vreugde wat hy het, gaan hy en verkoop wat hy het en koop hy daardie veld.” Wat is die les vir ons? Wanneer ons Koninkrykswaarheid vind en besef hoe waardevol dit is, sal ons met vreugde die nodige opofferings maak sodat ons Koninkryksbelange kan hou waar dit hoort—eerste in ons lewe.d
-
-
Mense wat preek—Bedienaars bied hulle gewillig aanGod se Koninkryk regeer!
-
-
d Jesus het ’n soortgelyke punt gemaak in sy illustrasie van ’n reisende koopman wat ’n pêrel van groot waarde gaan soek. Wanneer die koopman dit vind, verkoop hy alles wat hy het en koop hy dit (Matt. 13:45, 46). Die twee gelykenisse leer ons ook dat ons op verskillende maniere van Koninkrykswaarheid te wete kan kom. Party kom as ’t ware toevallig daarop af; ander soek daarna. Maar ongeag hoe ons die waarheid vind, ons is bereid om opofferings te maak sodat ons die Koninkryk eerste in ons lewe kan stel.
-