-
‘Die goeie nuus moet eers verkondig word’Die Wagtoring – 1988 | Januarie 1
-
-
15. (a) Watter opdragte het Jesus sy dissipels gegee toe hy hulle uitgestuur het om te preek? (b) Hoe het sommige Bybelkommentators dit verklaar?
15 Toe Jesus sy dissipels uitgestuur het om te preek, het hy hulle ook direk na die mense gestuur. Dit blyk uit sy opdragte wat in Mattheüs 10:1-15, 40-42 opgeteken is. In vers 11 het hy gesê: “In watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek.” The Jerusalem Bible gee hierdie vers soos volg weer: “Vra om iemand betroubaar”, asof die dissipels by die een of ander vooraanstaande of goed ingeligte persoon in die dorpie moes uitvind wie ’n goeie reputasie het en derhalwe die boodskap waardig is. (Kyk ook Weymouth-vertaling en die King James Version.) En dit is hoe sommige Bybelkommentators vers 11 verklaar.
-
-
‘Die goeie nuus moet eers verkondig word’Die Wagtoring – 1988 | Januarie 1
-
-
17. Wat bewys dat Jesus se dissipels nie bloot verdienstelike persone besoek het wat aanbeveel is of met wie hulle afsprake gehad het nie?
17 Dit blyk uit Jesus se woorde in Mattheüs 10:14: “En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.” Jesus het gepraat van sy dissipels wat mense ongenooid besoek om vir hulle te getuig. Hulle sou weliswaar ook tuisgaan by een van die huise wat die boodskap aanvaar het (Mattheüs 10:11). Maar die belangrikste saak was die predikingswerk. Lukas 9:6 (vgl. NW) lui: “En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die [goeie nuus] verkondig en siekes gesond gemaak.” (Kyk ook Lukas 10:8, 9.) Verdienstelike persone wat die dissipels as profete in hulle huise ontvang het en hulle dalk “’n beker koue water” of selfs verblyf gegee het, sou nie hulle beloning verloor nie. Hulle sou die Koninkrykboodskap hoor.—Mattheüs 10:40-42, NAV.
-