-
Voorbereiding op vervolgingDie Wagtoring – 1987 | Augustus 1
-
-
NA JESUS sy apostels vertel het hoe om die predikingswerk te doen, waarsku hy hulle teen teenstanders. Hy sê: “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in . . . pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil.”
-
-
Voorbereiding op vervolgingDie Wagtoring – 1987 | Augustus 1
-
-
Jesus het weliswaar hierdie bevel, waarskuwing en bemoediging aan sy 12 apostels gegee, maar dit was ook bedoel vir diegene wat ná sy dood en opstanding aan die wêreldwye predikingswerk sou deelneem. Dit blyk uit die feit dat hy gesê het dat sy dissipels “deur almal gehaat” sou word, nie net deur die Israeliete na wie die apostels gestuur is om te preek nie. En die apostels is blykbaar nie voor goewerneurs en konings gebring toe Jesus hulle op huIle kort predikingsveldtog uitgestuur het nie. Daarbenewens is gelowiges nie destyds deur familielede oorgelewer om gedood te word nie.
-