-
Christengetuies met hemelse burgerskapDie Wagtoring – 1995 | Julie 1
-
-
2. Wat was volgens Johannes die Doper iets nuuts wat Jesus sou doen, en waarmee het dit verband gehou?
2 Toe Johannes die Doper die weg vir Jesus berei het, het hy bekend gemaak dat Jesus iets nuuts sou doen. Die verslag sê: “[Johannes] het gepreek en gesê: ‘Ná my kom iemand wat sterker as ek is; ek is nie werd om te buk en die rieme van sy sandale los te maak nie. Ek het julle met water gedoop, maar hy sal julle met heilige gees doop’” (Markus 1:7, 8). Voor daardie tyd is niemand nog met heilige gees gedoop nie. Dit was ’n nuwe reëling waarby heilige gees betrokke was, en dit het verband gehou met Jehovah se voorneme wat kort voor lank geopenbaar sou word, naamlik om mense vir hemelse heerskappy voor te berei.
-
-
Christengetuies met hemelse burgerskapDie Wagtoring – 1995 | Julie 1
-
-
5. Wanneer is die getroue dissipels met heilige gees gedoop, en watter verwante werkinge van heilige gees het terselfdertyd plaasgevind?
5 Toe Jesus met Nikodemus gepraat het, het heilige gees reeds op Jesus neergedaal en hom vir sy toekomstige koningskap in God se Koninkryk gesalf, en God het in die openbaar bevestig dat Jesus sy Seun is (Matteus 3:16, 17). Jehovah het met Pinkster 33 G.J. meer geestelike kinders verwek. Getroue dissipels wat in die bokamer in Jerusalem byeen was, is met heilige gees gedoop. Hulle is terselfdertyd weer gebore uit heilige gees om God se geestelike seuns te wees (Handelinge 2:2-4, 38; Romeine 8:15). Daarbenewens is hulle met heilige gees gesalf met die oog op ’n toekomstige hemelse erfenis, en hulle is voorlopig met heilige gees verseël as ’n bewys van die sekerheid van daardie hemelse hoop.—2 Korintiërs 1:21, 22.
-