-
Die kind wat belowe isJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Meer as ’n maand gaan verby, en Jesus is 40 dae oud. Waarheen neem sy ouers hom nou? Na die tempel in Jerusalem, wat net ’n paar kilometer is van waar hulle bly. Volgens die Wet moet ’n ma 40 dae nadat sy aan ’n seun geboorte gegee het, ’n reinigingsoffer by die tempel bring. – Levitikus 12:4-8.
Dit is wat Maria doen. Sy bring twee klein voëltjies as haar offer. Dit vertel ons iets oor Josef en Maria se finansiële situasie. Volgens die Wet moet ’n jong ram en ’n voël geoffer word. Maar as die ma nie ’n ram kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee duiwe offer. Dit is die situasie waarin Maria is, en dit is wat sy offer.
-