-
Die ryk man en Lasarus ondergaan ’n veranderingDie Wagtoring – 1989 | April 1
-
-
“En toe die bedelaar sterf”, sê Jesus, “is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.”
Aangesien die ryk man en Lasarus nie letterlike persone is nie, maar klasse mense simboliseer, is hulle dood logieserwys ook simbolies. Wat simboliseer, of stel hulle dood voor?
Jesus het so pas op ’n verandering in omstandighede gewys deur te sê dat ‘die wet en die profete tot op Johannes was, maar dat die koninkryk van God van toe af verkondig word’. Dit is dus met die prediking van Johannes en Jesus Christus dat beide die ryk man en Lasarus sterf wat hulle vorige omstandighede, of toestand, betref.
Diegene van die nederige, berouvolle Lasarus-klas sterf wat hulle vorige geestelik beroofde toestand betref en kom in ’n posisie van goddelike guns. Waar hulle voorheen op die godsdiensleiers staatgemaak het vir die bietjie wat van die geestelike tafel geval het, voorsien die Skriftuurlike waarhede wat Jesus gee nou in hulle behoeftes. Hulle word dus in die boesem-, of begunstigde posisie, van die Groter Abraham, Jehovah God, gebring.
Aan die ander kant kom diegene wat die rykmanklas uitmaak in goddelike onguns omdat hulle aanhou om die Koninkryksboodskap wat Jesus leer te verwerp. Hulle sterf derhalwe wat hulle vorige posisie van oënskynlike guns betref. Trouens, daar word gesê dat hulle figuurlike pyniging ondergaan. Luister terwyl die ryk man praat:
-
-
Die ryk man en Lasarus ondergaan ’n veranderingDie Wagtoring – 1989 | April 1
-
-
Hoe regverdig en gepas dat so ’n dramatiese ommekeer tussen die Lasarus-klas en die rykmanklas plaasvind! Die verandering in toestand vind ’n paar maande later op Pinkster 33 G.J. plaas wanneer die ou Wetsverbond deur die nuwe verbond vervang word. Dit word dan onmiskenbaar duidelik dat die dissipels, nie die Fariseërs en ander godsdiensleiers nie, God se guns wegdra. Die “groot kloof” wat die simboliese ryk man van Jesus se dissipels skei, stel derhalwe God se onveranderlike, regverdige oordeel voor.
-