Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die Here se Aandmaal het groot betekenis vir jou
    Die Wagtoring – 2003 | April 1
    • “Hy [het] ’n brood geneem, gedank, dit gebreek en dit vir hulle gegee en gesê: ‘Dit beteken my liggaam, wat vir julle gegee sal word. Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.’”—Lukas 22:19.

      Toe Jesus die brood geneem en gesê het “dit beteken my liggaam”, het hy getoon dat die ongesuurde brood ’n voorstelling, of simbool, was van sy eie sondelose vleeslike liggaam, wat hy gegee het “vir die lewe van die wêreld” (Johannes 6:51). Hoewel party Bybelvertalings sê “dit is [Grieks, es·tinʹ] my liggaam”, beteken hierdie werkwoord, volgens Thayer se Greek-English Lexicon of the New Testament, dikwels “aandui, beteken, te kenne gee”. Dit dra die gedagte oor van voorstel of simboliseer.—Matteus 26:26, voetnoot in NW.

  • Die Here se Aandmaal het groot betekenis vir jou
    Die Wagtoring – 2003 | April 1
    • [Venster/Prente op bladsy 6]

      “DIT IS MY LIGGAAM” OF “DIT BETEKEN MY LIGGAAM” WATTER EEN?

      Toe Jesus gesê het: “Ek is die deur” en: “Ek is die ware wingerdstok”, het niemand gedink dat hy ’n letterlike deur of ’n letterlike wingerdstok is nie (Johannes 10:7; 15:1). En wanneer The New Jerusalem Bible Jesus se woorde soos volg aanhaal: “Hierdie beker is die nuwe verbond”, kom ons ook nie tot die slotsom dat die beker letterlik die nuwe verbond was nie. Toe hy dus gesê het dat die brood sy liggaam “is”, het hy ongetwyfeld bedoel dat die brood sy liggaam beteken, of voorstel. Daarom sê die Charles B. Williams-vertaling: “Dit verteenwoordig my liggaam.”—Lukas 22:19, 20.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel