Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”
    Die Wagtoring — 2008 | Oktober 1
    • Toe Maria en Josef daar aankom, het die dorp gewemel van mense. Ander het voor hulle daar aangekom om te registreer, en daarom was daar geen plek vir hulle in die gastekamer nie.b Hulle het geen ander keuse gehad as om die nag in ’n stal deur te bring nie. Ons kan ons net voorstel hoe bekommerd Josef was toe sy vrou ’n skerp pyn ondervind, soos sy nog nooit tevore gehad het nie, wat al hoe erger geword het. Dat haar geboortepyne nou juis hier moes begin.

      Vroue in alle wêrelddele kan medelye met Maria hê. Ongeveer 4 000 jaar tevore het Jehovah voorspel dat alle vroue weens oorgeërfde sonde pyn gedurende kindergeboorte sou ervaar (Genesis 3:16). Daar is geen bewyse dat Maria ’n uitsondering was nie. Lukas se verslag hul die toneel in ’n beskeie sluier van privaatheid en sê eenvoudig: “Sy het geboorte gegee aan haar seun, die eersgeborene” (Lukas 2:7). Ja, haar “eersgeborene”—die eerste van Maria se talle kinders, altesaam ten minste sewe—is gebore (Markus 6:3). Hierdie een sou egter altyd anders wees. Hy was nie net haar eersgeborene nie, maar hy was Jehovah se “eersgeborene van die hele skepping”, die enigverwekte Seun van God!—Kolossense 1:15.

      Dit is hier waar die verslag ’n bekende besonderheid byvoeg: “Sy het hom met doeke toegedraai en hom in ’n krip neergelê” (Lukas 2:7). Kersspele, -skilderye en -tonele regoor die wêreld beeld hierdie gebeurtenis op ’n oordrewe sentimentele manier uit. Maar dink aan wat werklik gebeur het. ’n Krip is ’n voerbak vir plaasdiere. Die gesin het dus in ’n stal gebly, nie juis ’n plek wat—destyds of vandag—bekend is vir vars lug en goeie higiëne nie. Watter ouers sou so ’n plek kies vir die geboorte van hulle kind as hulle enige ander keuse gehad het? Die meeste ouers wil die beste vir hulle kinders hê. Hoeveel te meer sou Maria en Josef die beste vir die Seun van God wou voorsien!

      Maar hulle het nie toegelaat dat hulle beperkings hulle verbitterd maak nie; hulle het eenvoudig hulle bes gedoen met wat hulle gehad het. Let byvoorbeeld op dat Maria self vir die baba gesorg het deur hom in doeke toe te draai en hom in die krip neer te lê om te slaap, sodat hy verseker warm en veilig sou wees. Maria was nie van plan om toe te laat dat angstigheid oor haar huidige omstandighede haar aandag daarvan aftrek om na die beste van haar vermoë vir hom te sorg nie. Sy en Josef het ook albei geweet dat die belangrikste ding wat hulle vir hierdie kind kon doen, sou wees om na sy geestelikheid om te sien (Deuteronomium 6:6-8). Vandag stel wyse ouers soortgelyke prioriteite terwyl hulle hulle kinders in hierdie geestelik verarmde wêreld grootmaak.

  • Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”
    Die Wagtoring — 2008 | Oktober 1
    • b Dit was destyds die gebruik dat dorpe ’n gemeenskaplike vertrek voorsien om reisigers en verbygaande karavane te huisves.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel