-
Jehovah is lief vir mense wat “met volharding vrug dra”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Mei
-
-
7. (a) Wie word deur “die landbouer”, “die wingerdstok” en “die lote” voorgestel? (b) Watter vraag wil ons beantwoord?
7 Lees Johannes 15:1-5, 8. Let op wat Jesus vir sy apostels gesê het: “My Vader word hierin verheerlik, dat julle veel vrug bly dra en toon dat julle my dissipels is.” Jesus het gesê dat Jehovah “die landbouer” is, dat hy self “die ware wingerdstok” is en dat sy dissipels “die lote” is.b Maar wat is die vrug wat Christus se volgelinge moet dra? In hierdie illustrasie het Jesus nie uitdruklik gesê wat die vrug is nie, maar hy het ’n belangrike detail genoem wat ons help om die antwoord te kry.
8. (a) Hoekom kan die vrug in hierdie illustrasie nie na nuwe dissipels verwys nie? (b) Wat is kenmerkend van enigiets wat Jehovah van ons vra?
8 Toe Jesus van sy Vader gepraat het, het hy gesê: “Elke loot in my wat nie vrug dra nie, neem hy weg.” Met ander woorde, Jehovah beskou ons as sy knegte net as ons vrug dra (Matt. 13:23; 21:43). Daarom kan ons uit hierdie illustrasie aflei dat die vrug wat elke Christen moet dra, nie verwys na die nuwe dissipels wat ons dalk die voorreg het om te maak nie (Matt. 28:19). Anders sou dit beteken dat getroue Getuies wat dit nie regkry om dissipels te maak nie omdat hulle in ’n gebied preek waar min mense wil luister, soos die lote in Jesus se illustrasie is wat nie vrug dra nie. Maar dit kan nie waar wees nie! Hoekom nie? Want ons kan mense nie dwing om dissipels te word nie. Jehovah is ’n liefdevolle God, en daarom sal hy nooit van sy knegte verwag om iets te doen wat hulle nie kan doen nie. Ons sal altyd enigiets wat Jehovah van ons vra, kan doen. — Deut. 30:11-14.
9. (a) Watter werk moet ons doen sodat ons vrug kan dra? (b) Watter illustrasie gaan ons nou bespreek, en hoekom?
9 Maar wat is die vrug wat ons moet dra? Dit is duidelik dat die vrug na ’n werk moet verwys wat elkeen van ons sal kan doen. Wat is hierdie werk wat ons moet doen sodat ons “vrug kan dra”? Ons moet die goeie nuus van God se Koninkryk verkondig (Matt. 24:14).c Jesus se illustrasie van die saaier help ons om hierdie punt te verstaan. Kom ons kyk nou na hierdie tweede illustrasie.
-
-
Jehovah is lief vir mense wat “met volharding vrug dra”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Mei
-
-
b Hoewel die lote in hierdie illustrasie na persone verwys wat hemel toe gaan, bevat dit lesse wat al God se knegte kan help.
c “Vrug dra” kan ook daarna verwys dat ons die vrug van die gees aankweek. Maar in hierdie artikel en die volgende een gaan ons kyk na “die vrug van die lippe”, of om oor God se Koninkryk te preek. — Gal. 5:22, 23; Heb. 13:15.
-