Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie gehoorsaam jy—God of mense?
    Die Wagtoring – 2005 | Desember 15
    • 7. Waarom het die predikingswerk die hoofpriesters kwaad gemaak?

      7 Die apostels se vasbeslotenheid om aan te hou preek, het die hoofpriesters kwaad gemaak. Sekere lede van die priesterdom, met inbegrip van Kajafas self, was Sadduseërs, wat nie in die opstanding geglo het nie (Handelinge 4:1, 2; 5:17). Tog het die apostels volgehou dat Jesus uit die dood opgewek is. Daarbenewens het party van die hoofpriesters groot moeite gedoen om die Romeinse owerheid se guns te probeer wen. Toe die hoofpriesters tydens Jesus se verhoor die geleentheid gebied is om Jesus as hulle koning te aanvaar, het hulle selfs uitgeroep: “Ons het geen koning behalwe die keiser nie” (Johannes 19:15).a Die apostels het nie net bevestig dat Jesus opgewek is nie, maar hulle het ook verkondig dat daar, benewens Jesus se naam, “nie ’n ander naam onder die hemel [is] wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 2:36; 4:12). Die priesters het gevrees dat, as die volk die verrese Jesus as hulle Leier begin beskou, die Romeine dalk sou kom en dat die Joodse leiers ‘hulle plek sowel as hulle nasie’ sou verloor.—Johannes 11:48.

  • Wie gehoorsaam jy—God of mense?
    Die Wagtoring – 2005 | Desember 15
    • a Die “keiser” wat by daardie geleentheid deur die hoofpriesters in die openbaar ondersteun is, was die veragte Romeine keiser Tiberius, ’n huigelaar en ’n moordenaar. Tiberius was ook bekend vir sy verdorwe seksgebruike.—Daniël 11:15, 21.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel