-
Vermeerder jou vrede deur juiste kennisDie Wagtoring – 1987 | April 15
-
-
6. Hoe het Jesus Christus getoon dat die predikingswerk vir hom van die allergrootste belang was?
6 Om juiste kennis van Jesus te hê, beteken om “die sin van Christus” te hê en hom na te volg (1 Korinthiërs 2:16). Jesus was ’n geesdriftige verkondiger van die waarheid (Johannes 18:37). Sy vurige evangelisasiegees is nie deur gemeenskapsvooroordele beïnvloed nie. Hoewel ander Jode die Samaritane gehaat het, het hy by ’n put vir ’n Samaritaanse vrou getuig. Selfs ’n lang gesprek in die openbaar met enige vrou is moontlik afgekeur!a Maar Jesus het nie toegelaat dat gemeenskapsgevoelens hom verhinder om ’n getuienis te lewer nie. God se werk was verkwikkend. Hy het gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.” Die vreugde wat die gunstige reaksie van mense, soos die Samaritaanse vrou en talle van die dorpenaars, verskaf, het Jesus soos voedsel versterk.—Johannes 4:4-42; 8:48.
-
-
Vermeerder jou vrede deur juiste kennisDie Wagtoring – 1987 | April 15
-
-
a Volgens die Talmoed het eertydse rabbi’s gemaan dat ’n geleerde “nie met ’n vrou op straat moet praat nie”. As dit nog in Jesus se dag die gewoonte was, kan dit die rede wees waarom sy dissipels “hulle verwonder [het] dat Hy met ’n vrou in gesprek was”.—Johannes 4:27.
-