-
’n Vaste hoop vir die dooiesWanneer ’n geliefde sterf
-
-
Jesus se reaksie op Lasarus se dood openbaar hoe teerhartig die Seun van God is. Sy diep gevoelens by hierdie geleentheid toon duidelik sy intense begeerte om die dooies op te wek. Ons lees: “Toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie. Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword [“gekreun”, NW] in sy gees en Hom ontstel en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk. Jesus het geween. Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!”—Johannes 11:32-36.
Jesus se innige meegevoel word hier deur drie uitdrukkings getoon: “gekreun”, “hom ontstel” en “geween”. Die woorde wat in die oorspronklike taal gebruik is om hierdie roerende toneel te beskryf, dui aan dat Jesus so diep deur die dood van sy dierbare vriend Lasarus en die geween van Lasarus se suster ontroer is dat Hy tot trane beweeg is.a
Wat so merkwaardig is, is dat Jesus vroeër twee ander opgewek het. En hy was vas van plan om dieselfde met Lasarus te doen (Johannes 11:11, 23, 25). Hy het nogtans “geween”. Om mense uit die dood op te wek, is dus nie vir Jesus bloot ’n onpersoonlike daad nie. Die teer en diep gevoelens wat hy by hierdie geleentheid geopenbaar het, lewer duidelike bewys van sy intense begeerte om die verwoesting wat die dood aanrig ongedaan te maak.
Jesus se tere gevoelens toe hy Lasarus opgewek het, het sy intense begeerte getoon om die verwoesting wat die dood aanrig ongedaan te maak
-
-
’n Vaste hoop vir die dooiesWanneer ’n geliefde sterf
-
-
a Die Griekse woord wat met “gekreun” vertaal word, kom van ’n werkwoord (em·bri·maʹo·mai) wat beteken om pynlik, of diep, ontroer te wees. Een Bybelkenner sê: “Dit kan hier slegs beteken dat Jesus sulke diep emosie ervaar het dat hy onwillekeurig in Sy hart gekreun het.” Die uitdrukking wat met “ontstel” vertaal word, kom van ’n Griekse woord (ta·rasʹso) wat verontrusting aantoon. Volgens ’n leksikograaf beteken dit “om jou innerlike verwarring te veroorsaak, . . . om met groot pyn of droefheid te tref”. Die woord “geween” kom van ’n Griekse werkwoord (da·kryʹo) wat beteken “om trane te stort, om saggies te huil”.
-